Redakteursbrief

Uit die redakteur se pen

Die afgelope maand was propvol interessante en betekenisvolle gebeure wat ons landbougemeenskap verder versterk het. Ons het die voorreg gehad om verskeie opwindende geleenthede by te woon wat nie net insiggewend was nie, maar ook geleenthede geskep het vir waardevolle netwerke en samewerking.

Een van die hoogtepunte van die maand was die jaarlikse Stroperresies wat te Du Preez Landgoed op Grootpan plaasgevind het. Hierdie unieke geleentheid het boere van heinde en ver saamgebring om verskeie vervaardigers se stroopvaardighede te wys en die nuutste tegnologie in aksie te sien.

Dit was ’n skouspelagtige dag vol gesonde wedywering en geselligheid, en dit was besielend om te sien hoe die landbousektor vernuwende oplossings en tegnologieë omhels om produktiwiteit te verbeter. Lees meer vanaf bladsy 2 tot 11.

Nog ’n belangrike gebeurtenis was die jaarlikse Val Boeredag. Hierdie dag is altyd ’n hoogtepunt op die landboukalender, en vanjaar was geen uitsondering nie. Met trekkers om van te kies en keur, toerusting en werktuie wat hulle staal wys, kosstalletjies, demonstrasies en meer is weer eens bewys waarom Val ’n moet-bywoon geleentheid vir enige ernstige boer is.

Die geleentheid het waardevolle insigte gebied oor nuwe praktyke en tegnieke wat ons boerderye nog meer volhoubaar en winsgewend kan maak. Ons spreek ons opregte dank uit aan almal wat hierdie geleenthede moontlik gemaak het, sowel as aan diegene wat dit bygewoon het. Dit is deur sulke samewerking en betrokkenheid dat ons landbousektor kan groei en floreer. Ons sien daarna uit om voort te gaan om saam met die boerderygemeenskappe en die verskaffers in die bedryf te werk om die beste in landbouvernuwing en -praktyk te bevorder. Geniet hierdie propvol, interessante uitgawe van ProAgri!

ProAgri-groete!
Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

New Holland: Geel-en-blou wen goud by Stroperresies 2024!  deur Ashleigh Schubert

Almal droom daarvan om die beste in iets te wees. Vir New Holland is daardie droom ’n werklikheid met die eerste plek wat hulle losgeslaan het by die Stroperresies 2024!
Derrick Coetzee, produkspesialis by New Holland, is baie opgewonde om te vertel presies wat dit is wat hulle stropers die bobaas-kampioene maak.
“Ons het vanjaar twee masjiene ingeskryf; in Klas 6 die CR6.80 en in Klas 8 ons CR7.90-stroper wat ‘n Klas 7-stroper is. Die CR6.80 stroper is die verdedigende kampioen van verlede jaar se resies.”
New Holland se Twin Rotor-stropers is al in 1975 bekendgestel en het se-dertdien bewys dat hulle die markleiers is ten opsigte van kapasiteit, graangehalte en kragdoeltreffendheid.
“Vir die afgelope 49 jaar het New Holland baie gewerk aan die vernuwing van ons stropers met die nuutste tegnologie en die fokuspunte van New Holland vir innovasie bly nog altyd dieselfde: kragdoeltreffendheid, graangehalte, strooigehalte en kapasiteit.”
In Suid-Afrika verskaf New Holland drie stropermodelle. Dit sluit in die bogenoemde stropers en dan ook die Klas 9 stroper, CR9.90. Die Klas 6 en 7 het 43-cm rotors (17 duim) en die Klas 9 het 56-cm (22 duim) rotors.
Derrick brei ook uit oor die kapasiteit van hierdie New Holland-bulle. “Die materiaalhyser (feeder) is toegerus met die Dynamic Feed Roll (DFR) om ‘n egalige vloei van materiaal na die Twin Rotor™ te verseker en die stelsel gee ‘n kragbesparing tot op 7 perdekrag.” Ons sifoppervlak is 5,4 m2 op die Klas 6 en Klas 7 en op die Klas 9 ’n allemintige 6,5 m2.”
Die reguit vloei van materiaal deur die Twin Pitch-rotors in New Holland se stropers verseker ’n egalige verspreiding van materiaal oor die hele oppervlak van die voorbereidingstafel en die sifoppervlak.

Oesgehalte is prioriteit!
So verduidelik Derrick: “Met die kombinasie van die Dynamic Feeder Roll en die eiervormige Twin Pitch-rotors, is ons gewasverplasing in hierdie ma-sjiene baie goed. Omdat ons rotorspoed baie stadiger en ons konkaafopening baie groter kan wees, het jy ’n gewas-op-gewas dorsaksie, en nie meer ’n gewas-materiaal dorsaksie nie.”
Die Dynamic Flow Control beheer en kontroleer die vloei deur die rotors.
“Vir die beste en skoonste graanmonster het ons stropers die gepaten-teerde Opti-Clean en die Opti-Fan-stelsels.”
New Holland maak hulle masjiene so kragdoeltreffend as moontlik om die bedryfskoste vir die boer laer te hou. Die eenvoudige uitleg van die stroper se aandrywing en die lae enjinkraggebruik hou die brandstofverbruik ook so laag as moontlik.

Voor in die koor met stroperoutomatisering
“Die Klas 7- en 9-stropers is toegerus met die IntelliSense-stelsel, wat ’n aanwins is vir iemand wat sy boerdery wil moderniseer. Die voordeel van die IntelliSense-stelsel is dat die stroper al die nodige verstellings doen, sodat die operateur net aandag hoef te gee aan die vloei van die materiaal in die masjien in, die uittap van die graan en die omdraai op die wenakkers.”

Stroperresies 2024

Val Boeredag:

Val in by Val Boeredag of val in die pad!

deur Ashleigh Schubert

As daar een ding is wat jy verseker kan weet is dit, daar waar ՚n trekker loop en ՚n werktuig werk, daar daag ՚n boer op!
Val Boeredag is geen uitsondering nie. Hiérdie demonstrasiedag het vanjaar plaasgevind op 2 Julie, soos gewoonlik op die Waterval Boere-vereniging se Boeredag-terrein. Vroegdag, toe die dou nog op die gras lê, het die terrein reeds gewemel van gretige toeskouers wat gereed was vir die demonstrasies om af te skop.

Hoe werk die Val Boeredag?
Hierdie dag is ՚n geleentheid vir potensiële kopers om elke moontlike trekker en werktuig in aksie te sien. Bekende verskaffers aan die landboubedryf demonstreer een vir een hulle toerusting, terwyl die skare in twee rye langsaan staan om te bekyk hoe die werktuie werk. Demonstrasies sluit in alles van grondbewerkers en planters, tot hommeltuie, spuite en stropers. Dit bied boere die kans om self te sien hoe vinnig, skoon, doeltreffend en deeglik ՚n werktuig werk. Hulle kan ook al hulle vrae vra en met die verskaffers gesels.
Dit is natuurlik ook ՚n wonderlike geleentheid vir verkopers om hulle nuutste tegnologie bekend te stel en die mark se reaksie daarop te sien.
՚n Spesiale demonstrasie hierdie jaar was veteraantrekkers wat ook hulle verskyning gemaak het.

Meer as net masjiene
Die atmosfeer by só ՚n boeredag is iets om oor huis toe te skryf.
Een van die gewildste trekpleisters is natuurlik altyd ՚n lekker kosstalletjie. En by Val Boeredag is daar meer as genoeg van hulle! Verbeel jou: soet oliebolle, taai biltong, ՚n sappige boereworsrol en ՚n wafel op ՚n stokkie vir nagereg.
Van die ander stalletjies, was produkte vir die bestuur van diere en gewasse, en produkte wat van leer gemaak word.

Die lewende vertonings is ՚n groot rede waarom veral die jongklomp die dag bywoon. Hierdie jaar se kunstenaars was Bernice West en Brendan Peyper.

Lees Meer oor

val Boeredag

Lees meer oor

val boeredag

Lees meer oor:

Meganisasie

Lees meer oor

Hulpbron-

bestuur

Lees meer oor

Vee en Wild

Lees meer oor

Hulpbron-
bestuur

Lees meer oor

Gewas-
produksie

Lees meer oor:

Vee en wild

Lees meer oor

Gewasproduksie

Top produkte en dienste

AGRI4ALL