val boeredag
2024
VIDEO: Valtrac by Val Boeredag 2024
Valtrac skyn helder by Val Boeredag 2024.
Valtra vervaardig al sedert 1951 voortreflike trekkers. Met jare se ervaring in die bedryf, ken Valtrac die wenresep vir ‘n wen-trekker, maar bly steeds lei in die landboubedryf met nuwe, vooruitstrewende ontwikkelings. Nes jy dink hulle het nou die toppunt bereik, kom hulle vorendag met nóg nuttige verbeterings ten opsigte van krag, tegnologie, ekonomie en betroubaarheid.
Valtrac se trekkers bied meer presisie, wins en werkverrigting.
Besoek hulle webblad by www.valtrac.co.za vir meer inligting.
VIDEO: Pannar Val Boeredag 2024
Pannar bring gemeenskap bymekaar by Val Boeredag 2024.
Carl Otto, streeksbestuurder van Pannar-saad, noem dat dit ՚n voorreg is om by Pannar betrokke te wees op Val Boeredag en dat die onderneming graag wil teruggee aan die gemeenskap. Met sestig jaar se bestaan in die landboubedryf, poog Pannar om aan boere die regte produkte te bied asook die noodsaaklike kundigheid en diensondersteuning om sodoende saam te stap op die pad na sukses. Betrokkenheid in die gemeenskap is ՚n baie belangrike deel daarvan om verhoudings te kweek met die boere. Dit is uiteindelik die boublokke tot ՚n langtermyn samesyn.
Besoek Pannar se webtuiste by https://www.pannar.com/ vir meer inligting om jou boerdery ook deel te maak van die suksesstorie.
Maklik, doeltreffend, betroubaar: Ontmoet Rovic se Optimer 9000-stoppelbewerker
Elke boer se strewe en droom is om groter oeste te behaal met minder insetkoste en minder moeite. Rovic deel hierdie droom. Dit is hoekom Rovic deurgaans nuwe, beter werktuie by sy reeks voeg om die boer se hande sterker en sy beursie dikker te maak.

Mike Lombaard van Rovic gesels oor die Kuhn Optimer LX 9000-stoppelbewerker.
Die jongste nuttige Rovic-werktuig, die Kuhn XL Optimer 9000-stoppelbewerker, is by Val Boeredag aan boere bekend gestel.
Die Optimer is in twee modelle in Suid Afrika en Afrika beskikbaar: een wat ses meter wyd werk en een wat ‘n allemintige nege meter op ‘n slag kafdraf.
Werkverrigting

Die Optimer 9000 kan met een van vyf soorte rollers aangekoop word. Hier is die dubbel-U-rollers vir ‘n wye reeks grondtoestande.
Die Optimer XL 9000 by Val Boeredag se skottels van 620 mm verseker ‘n diep sny-aksie verseker. Dit gee ook ‘n grondvryhoogte van 960 mm, wat die moontlikheid van verstoppings uitskakel.
“So jy kan lang stoppels gemaklik sny en goeie materiaalvloei hê,” sê Mike Lombaard van Rovic.
In die vervoerposisie trek die skottels van die Optimer 9000 terug sodat die boer maklik oor kontoere kan beweeg. ‘n Werwelwiel aan die kant van die werktuig tel op indien daar ‘n versperring is.
- Die Kuhn Optimer XL 9000-stoppelbewerker wat by Val Boeredag was het gehapte skottels van 620 mm.
- Die kantwiel, waarvan ‘n deel regs op die foto wys, van die Optimer 9000 is vry om oor versperrings te beweeg.
Boere kan die werktuig met een van vyf soorte rollers bestel. Die Optimer by Val Boeredag het die dubbel-U-rollers gehad, wat geskik is vir ‘n wye reeks grondtoestande.
Die middelseksie van die stoppelbewerkers is swaar om te sorg dat die werktuig deeglik werk. Die vervoerbande word glad nie in die land gebruik nie; dit word net in die vervoerposisie gebruik, maar hulle verleen gebalanseerde gewig aan die werktuig.
Hidroulika

Die Optimer 9000 se hidrouliese pype is met kleure gemerk vir gemak.
Die Optimer 9000 se hidrouliese pype het kleuraanwysings op die drastuk van die pype en op die trekker.
Volgens Mike help dit die boer om te onderskei watter pyp doen watter werk sodat hy gou en sonder sukkel of raaiwerk die werktuig aan die trekker kan koppel.
“Die Optimer 9000 het gerieflike drahouers vir die hidrouliese pype. Die houers is verstelbaar om by verskillende trekkers aan te pas,” verduidelik Mike.
- Die voorste drawiel van die Optimer 9000.
- Die plekhouers kan uitgehaal word om by die tipe trekker wat jy gebruik aan te pas.
Die slaaphaak het verskeie groottes balle om by die boer se trekker aan die pas. Daar is gatgroottes van 42 mm, 52 mm en 71 mm en die haak is met ‘n hidrouliese domkrag toegrus.
“Dit is maklik om die werktuig aan en af te haak as jy alleen is, en die domkrag word van die trekker se hidrouliese stelsel af beheer,” sê Mike.
Die werktuig het plekhouers wat ingesit en uitgehaal kan word sodat die trekhaak altyd horisontaal loop aan verskillende trekkers.
- Maklike verstellings kan op die liniêre arm van die werktuig gemaak word.
- Plakkers op die werktuig dui die verstellings aan wat nodig is vir die werk wat jy wil doen.
Maklike verstellings
Een van die aantrekkingskragte van die Optimer is dat dit maklik is om verstellings aan die werktuig te maak om hom dieper of vlakker te laat werk.
Khun maak dit vir die boer maklik om die werktuig in te stel deur ‘n plakker met aanwysings op die voorste silinder. Dit dui die diepte wat jy wil werk aan met ‘n ooreenkomstige nommer wat verduidelik tot waar die arm op die silinder moet skuif.

Die Kuhn Optimer XL 9000-stoppelbewerker wat Rovic by die Val Boeredag bekendgestel het.
Dieselfde verstelling, wat ook ‘n soortgelyke plakker het, moet op die voorste drawiel ook gedoen word. ‘n Sensor op die drawiel tel die verstelling op en sluit die hidrouliese vloei na die rollers af sodat die masjien egalig kan sak en optel tot by die diepte wat jy wil werk.
Die hidrouliese druk wat op die vlerke uitgeoefen word is daar om die werktuig in die grond te hou en om te verseker dat die hele wydte van die masjien ewe diep sny. Die druk is verstelbaar vir die tipe grondtoestande waarin jy werk.
Die Kuhn Optimer XL 9000 het beslis boere se aandag getrek tydens die demonstrasies by Val Boeredag en presies gewys hoekom Rovic se mense so opgewonde is oor die werktuig.

Rovic se Kuhn Optimer XL 9000 in aksie tydens die demonstrasies by Val Boeredag.
Vir navrae besoek gerus Rovic se webtuiste by www.rovic.com.
Jupidex se Kverneland Enduro Pro 5000T val in boere se smaak by Val Boeredag
Nommerpas werktuie wat so reg in boere se smaak val is wat Jupidex by Val Boeredag gedemonstreer het.
Izél Grobbelaar, bemarkingskoördineerder van Jupidex vertel: “Wat ՚n wonderlike geleentheid om deel van Val Boeredag 2024 te wees. Dit is vir Jupidex ՚n groot voorreg om hand aan hand met die boer te stap by geleenthede soos dié; om te sien wat hulle behoeftes is, hoe hulle dit ervaar in die veld, en om aan hulle die oplossings te kan bied wat hulle sak pas, met finansieringsopsies daarmee saam.”
Jupidex het weer met net die beste van die beste gespog en hulle eersteklas Kverneland-grondbewerkingstoerusting en strooiers trots aan boere gedemonstreer. ZW Nichols, segmentbestuurder van Jupidex, vertel: “Die werktuie wat ons vandag hier by Val aan die boere demonstreer het, is ons Kverneland Enduro Pro 5000T asook ons 13-tand CLG- skeurploeg, en ons nuwe Kverneland Exacta TL-presisiestrooier. Ten spyte van die harde grond het ons werktuie hulle staal deeglik gewys.
“Dit is vir ons as Jupidex belangrik om deel te wees van boeredae soos hierdie, om aan boere ons reeks toerusting te wys, en om hulle gerus te stel dat ons deurlopend die pad saam met die boer stap,” sluit ZW af.
Christopher Laubscher, verkoopsbestuurder van Jupidex, vertel dat die boere en hulle klante die spil is waarom hulle onderneming draai: “Ons verstaan dat tyd geld is en daarom is dit van uiterse belang dat ons span – van ons verkoopsmanne en tegniese spanne tot handelaars – die nodige kennis dra om ons boere te kan help waar nodig om staantyd te beperk. “Ons het ՚n standaard 12 maande waarborg regdeur ons reeks produkte en op ons Kverneland-reeks 24 maande waarborg, wat ons boere gemoedsrus gee dat ons agter ons produkte staan,” sluit hy af.

Jupidex se sleepbare Kverneland-Enduro Pro 5000T het groot opslae by vanjaar se Val Boeredag gemaak en behoorlik die koppe laat draai!
Die Kverneland Enduro Pro 5000T
Die Enduro Pro 5000T is ՚n sleepbare grondbewerker wat vyf meter breed werk met drie rye tande. Die 18 tande is ongeveer 285 mm uit mekaar gespasieer met dubbelrollers wat agterna kom, om ՚n konstante werkdiepte en die herkonsolidasie van jou grond te verseker. Die werksdiepte word veilig en sonder moeite vanuit die kajuit verstel terwyl die werktuig steeds jou grond bewerk, wat natuurlik tyd bespaar en operateursgerief verseker.
Die Enduro Pro 5000T het ՚n hoëspoed-bewerking wat teen 10 tot 12 km per uur werk en bied ՚n werkdiepte van 350 mm. Die Enduro Pro is toegerus met die nuwe Triflex 700-tand. Dié veerkragtige tand kan 7 cm van kant tot kant meegee om verby versperrings soos klippe te spring en het ՚n outomatiese wegbreek van 700 kg. Hierdie grondbewerkers is geskik vir ՚n wye reeks toestande, veral vir stoppelbewerking en vir bewaringsbewerking, om jou grondstruktuur te bevorder en grondvog te bewaar.

As jy meer wil weet oor Kverneland se reeks werktuie vir alle toepassings, kontak Jupidex by (+27)33-386-3574, stuur ՚n e-pos na info@jupidex.co.za, of besoek hulle webwerf by http://www.jupidex.co.za.
Plaas jou pitte presies met Case IH se Early Riser-planter
Case IH was vanjaar weer by Val Boeredag en het hulle 2120 Early Riser-planter aan boere bekendgestel.
“Ons is baie opgewonde om te sien hoe die presisieplanter vlamvat teenoor ander planters in die mark. Die planter sal vir elke boer se plaas werk,” sê Bertus Barkhuizen, produkspesialis van Case IH.
Die planter is beskikbaar in ՚n ses- en agtry met 76-sentimeter spasiëring en kan vloeibare en korrelkunsmis toedien. Saadbakke van 57 kg of 90 kg kan per ry geplaas word. “As ons voor by die planter se kunsmistoedieners begin, kry ons twee verstellings aan die planter, ՚n enkel- en ‘n dubbelkunsmiskouter. Agter hulle is die ryskoonmakers wat vanuit die kajuit beheer word.”

Bertus Barkhuizen, produkspesialis van Case IH by Val Boeredag 2024.
Die plantry se bodem is plat, sodat al die saad egalig op presies die regte diepte geplaas kan word. “Die dieptebeheerwiele is spesiaal gevorm om grondkompaksie te verminder,” verduidelik Bertus.
Die planter het dubbelwiele agter met een rubberwiel aan die buitekant. Die rede hiervoor is dat jy die grond wat jy uit die sloot haal weer wil terugsit in die grond en vastrap, sê hy. Die spesifieke patroon wat hulle agter op die drukwieletjie het, laat ՚n duidelike afdruk in die grond. Hy sê ook dat die middellyn kan oopkraak sodra dit droog raak en dit is juis om saadontkieming te help.

Let op die spesiale patroon op die drukwiel agter.
Die masjien se massasaad- en kunsmisbakke is gereed vir presisieplantwerk. “Die bakke hou 3 ton korrelkunsmis of 2 900 liter vloeibare kunsmis” sê Bertus.
Die planter word elektries aangedryf, maar die kunsmisplasing word hidroulies aangedryf.
Die planter word standaard toegerus met seksiebeheer wat die beginpunt is van enige goeie presisieplantwerk. Die planter gebruik AFS Pro 700-sagteware en jy kan bykomend ISOBUS-tegnologie inspan.

Case IH se Early Riser-planter plaas saad maklik en presies in die grond.
Vir meer inligting oor die presisieplanter of handelaars in jou omgewing, besoek Case IH se webwerf by https://www.caseih.com/en-za/. Hulle sal jou ook help indien jy enige navrae oor die planter het of onderdele benodig.
Pannar loop hand aan hand met die Suid-Afrikaanse boer van plant tot oes
Die Pannar-span het by Val Boeredag 2024 mense hartlik verwelkom met vriendelike gesigte om te gesels oor Panagri™, wat praktiese boerderynavorsing behels. Die behoefte van enige boer is om top-kennis te kry oor die voordele van die produkte of dienste wat verskaf word en oor die winsgewendheid daarvan. Hierdie reis na kennis pak Pannar met graagte saam die boer aan.
Met die Panagri™ navorsingsprogram ondersoek Pannar in al die streke al die veranderlikes sodat die verband tussen oesopbrengs, bestuurspraktye, insetkomponente, grondeienskappe en weerverandelikes ontleed kan word.
Sodoende kan Pannar die regte produk en praktyk vir die boer aanbeveel wat op sy plaas sal presteer en ook so sy lewe verryk.

Carl Otto, Pannar se streeksbestuurder vertel meer oor Pannar by die onlangse Val Boeredag.
Grant Pringle, Pannar se hooflandboukundige sê dat die sterk, bekwame grondslag wat ook spruit uit die nuuskierigheid van landboukundiges, ՚n versnelpunt is om die beste praktyke te verbreed en verbeter, hoewel ՚n mens nie altyd al die antwoorde beskikbaar het nie. Die Pannar-span deel graag hulle reis met boere om saam te leer waarmee hulle besig is, waarnatoe hulle op pad is en wat hulle leer soos tyd aanstap.
Carl Otto, streeksbestuurder van Pannar-saad, noem dat dit ՚n voorreg is om by Pannar betrokke te wees op Val Boeredag en dat die onderneming graag wil teruggee aan die gemeenskap. Met sestig jaar se bestaan in die landboubedryf, poog Pannar om aan boere die regte produkte te bied asook die noodsaaklike kundigheid en diensondersteuning om sodoende saam te stap op die pad na sukses. Betrokkenheid in die gemeenskap is ՚n baie belangrike deel daarvan om verhoudings te kweek met die boere. Dit is uiteindelik die boublokke tot ՚n langtermyn samesyn.

Besoek Pannar se webtuiste by https://www.pannar.com/ vir meer inligting om jou boerdery ook deel te maak van die suksesstorie.





