Categories: 2024-Val-BoeredagPublished On: 12th July 2024

Maklik, doeltreffend, betroubaar: Ontmoet Rovic se Optimer 9000-stoppelbewerker

By 4 min read
664 words

DSC_0662

Elke boer se strewe en droom is om groter oeste te behaal met minder insetkoste en minder moeite. Rovic deel hierdie droom. Dit is hoekom Rovic deurgaans nuwe, beter werktuie by sy reeks voeg om die boer se hande sterker en sy beursie dikker te maak.

Mike Lombaard van Rovic gesels oor die Kuhn Optimer LX 9000-stoppelbewerker.

Die jongste nuttige Rovic-werktuig, die Kuhn XL Optimer 9000-stoppelbewerker, is by Val Boeredag aan boere bekend gestel.

Die Optimer is in twee modelle in Suid Afrika en Afrika beskikbaar: een wat ses meter wyd werk en een wat ‘n allemintige nege meter op ‘n slag kafdraf.

Werkverrigting

Die Optimer 9000 kan met een van vyf soorte rollers aangekoop word. Hier is die dubbel-U-rollers vir ‘n wye reeks grondtoestande.

Die Optimer XL 9000 by Val Boeredag se skottels van 620 mm verseker ‘n diep sny-aksie verseker. Dit gee ook ‘n grondvryhoogte van 960 mm, wat die moontlikheid van verstoppings uitskakel.

“So jy kan lang stoppels gemaklik sny en goeie materiaalvloei hê,” sê Mike Lombaard van Rovic.

In die vervoerposisie trek die skottels van die Optimer 9000 terug sodat die boer maklik oor kontoere kan beweeg. ‘n Werwelwiel aan die kant van die werktuig tel op indien daar ‘n versperring is.

Boere kan die werktuig met een van vyf soorte rollers bestel. Die Optimer by Val Boeredag het die dubbel-U-rollers gehad, wat geskik is vir ‘n wye reeks grondtoestande.

Die middelseksie van die stoppelbewerkers is swaar om te sorg dat die werktuig deeglik werk. Die vervoerbande word glad nie in die land gebruik nie; dit word net in die vervoerposisie gebruik, maar hulle verleen gebalanseerde gewig aan die werktuig.

Hidroulika

Die Optimer 9000 se hidrouliese pype is met kleure gemerk vir gemak.

Die Optimer 9000 se hidrouliese pype het kleuraanwysings op die drastuk van die pype en op die trekker.

Volgens Mike help dit die boer om te onderskei watter pyp doen watter werk sodat hy gou en sonder sukkel of raaiwerk die werktuig aan die trekker kan koppel.

“Die Optimer 9000 het gerieflike drahouers vir die hidrouliese pype. Die houers is verstelbaar om by verskillende trekkers aan te pas,” verduidelik Mike.

Die slaaphaak het verskeie groottes balle om by die boer se trekker aan die pas. Daar is gatgroottes van 42 mm, 52 mm en 71 mm en die haak is met ‘n hidrouliese domkrag toegrus.

“Dit is maklik om die werktuig aan en af te haak as jy alleen is, en die domkrag word van die trekker se hidrouliese stelsel af beheer,” sê Mike.

Die werktuig het plekhouers wat ingesit en uitgehaal kan word sodat die trekhaak altyd horisontaal loop aan verskillende trekkers.

Maklike verstellings

Een van die aantrekkingskragte van die Optimer is dat dit maklik is om verstellings aan die werktuig te maak  om hom dieper of vlakker te laat werk.

Khun maak dit vir die boer maklik om die werktuig in te stel deur ‘n plakker met aanwysings op die voorste silinder. Dit dui die diepte wat jy wil werk aan met ‘n ooreenkomstige nommer wat verduidelik tot waar die arm op die silinder moet skuif.

Die Kuhn Optimer XL 9000-stoppelbewerker wat Rovic by die Val Boeredag bekendgestel het.

Dieselfde verstelling, wat ook ‘n soortgelyke plakker het, moet op die voorste drawiel ook gedoen word. ‘n Sensor op die drawiel tel die verstelling op en sluit die hidrouliese vloei na die rollers af sodat die masjien egalig kan sak en optel tot by die diepte wat jy wil werk.

Die hidrouliese druk wat op die vlerke uitgeoefen word is daar om die werktuig in die grond te hou en om te verseker dat die hele wydte van die masjien ewe diep sny. Die druk is verstelbaar vir die tipe grondtoestande waarin jy werk.

Die Kuhn Optimer XL 9000 het beslis boere se aandag getrek tydens die demonstrasies by Val Boeredag en presies gewys hoekom Rovic se mense so opgewonde is oor die werktuig.

Rovic se Kuhn Optimer XL 9000 in aksie tydens die demonstrasies by Val Boeredag.

Vir navrae besoek gerus Rovic se webtuiste by www.rovic.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0