Karat 12: LEMKEN-lande is gewasse se droom

DSC_0877
Die tyd van lande brand is verby. Werktuie soos LEMKEN se Karat maak die lewe vir boere rook- en besoedelvry en sorg vir ‘n mooi egalige saadbed wat plante nodig het om ‘n beter opbrengs te lewer. Ru-El de Wet van Le Wettin Boerdery, ‘n besproeiingsboer buite Hopetown, gebruik al vir die derde jaar sy 5-m Karat 12 en is baie tevrede.
Hy gebruik die Karat in die winter om die mieliereste in te werk voordat hy sy koring plant. Die masjien bewerk so 30 hektaar per dag of so 3,5 hektaar per uur by hulle op die plaas.
“Die Karat help beslis dat jy nie jou kaf hoef te brand nie, want om jou land te brand haal die koolstof uit die grond uit. Jy wil ook nie te veel kaf hê nie, want dit is ‘n broeiplek vir swamme. Die Karat werk die kaf lekker in en vermeng dit deeglik met die grond sodat dit afbreek om te grond te verryk en die tekstuur te verbeter.

Ru-El de Wet en sy broer, Stephan de Wet, by die Karat 12 van LEMKEN. Ru-El gebruik die werktuig om sy saadbed reg en mooi voor te berei voordat hy plant.
“Die chemiese stowwe soos gif en kunsmis wat ons in die grond plaas word dan ook nie heeltemal vernietig nie,” sê Ru-El.
Verder noem Ru-El dat die grondstruktuur veral ook bros is vandat hy die Karat gebruik en dit is wat ‘n boer wil hê.
Die Karat is ‘n geharde en robuuste werktuig wat in verskillende grondtipes kan werk en nie te swaar gebou is nie. Dit is ook maklik vir Ru-El om die werktuig tussen sy lande te vervoer omdat hy opvou.
“Die Karat help ook met ons tydsbestuur omdat lande minder bewerking benodig,” voeg hy by.
Die Karat 12 hanteer meer reste as die Karat 9 en het ՚n ekstra balk waarop sy tande gemonteer word, dus is die intertandspasiëring kleiner. Dit het tot gevolg dat verdigting baie beter opgehef word, en verbeter ook die vloei en vermenging van grond en plantreste.
Die werktuig verg min en maklike onderhoud en onderdele is maklik verkrygbaar by GWK in Hopetown. Ru-El is ook baie tevrede met die kudige raad en diens wat LEMKEN se mense bied.

Die Karat 12 van LEMKEN vermeng die kaf deeglik in die grond in om ‘n egalige saadbed te vorm.
Vir meer inligting oor LEMKEN se vernuftige blou werktuie, kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com; Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@ lemken.com. Gaan kyk ook op die webwerf, www.lemken.com, wat LEMKEN alles vir jou boerdery bied.