Reinke het tydens hul Handelaarskonferensie, wat op 28 Januarie 2026 by The Roots in Potchefstroom gehou is, tien jaar van groei, innovasie en impak in Afrika gevier.
Van strategiese uitbreiding na nuwe en ontluikende markte tot moderne besproeiingstegnologie wat fokus op beter water- en energie gebruik, bly Reinke groei en nuwe rigtings inslaan binne besproeiings innovasie en landbou-ontwikkeling.
Met handelaars van regoor Afrika wat saamgekom het vir opleiding, mentorskap en samewerking, lyk die toekoms van besproeiing in Afrika sterker as ooit.
Hierdie 10-jaar-mylpaal beklemtoon ’n duidelike boodskap: deur innovasie, vennootskappe en slimmer watergebruik word ’n meer volhoubare en produktiewe toekoms vir Afrika se landbou gebou.