Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 5th November 2026

Kubota M8540 Narrow: Krag, presisie en betroubaarheid vir jou boord

By 2 min read
422 words

kubota

Met meer as twee dekades se ervaring as Suid-Afrika se eksklusiewe Kubota-verspreider, het Smith Power Equipment ’n sterk reputasie opgebou vir gehalte, betroubaarheid en uitstekende diens.

Sedert 2000 bring die maatskappy die wêreldbekende Kubota-trekkerreeks en -toerusting na die plaaslike mark, ondersteun deur oorspronklike onderdele. Met ’n landwye netwerk van agente, verseker Smith Power Equipment dat kliënte nie net toegang tot betroubare masjinerie het nie, maar ook tot die diens en ondersteuning waarop hulle staatmaak.

Die Kubota M8540 Narrow-trekker is perfek vir vrugteboere omdat dit maklik deur die boorde kan beweeg. Die masjien het ook oor die jare heen bewys dat dit ’n ontontbeerlike hulpmiddel is.

Ludwig Prins van Howbill Farming in die Witzenberg sê: “Hy is klein genoeg om in jou boorde in te gaan en hy is sterk genoeg om te doen wat ookal jy nodig het.”

Uitsonderlike werkverrigting

Die trekker draai kort om die bome en  die remme in die voorbrieke help as jy die werktuig met swaar spuite begin skuins draai, want hy kan tot ’n 3 000-liter spuit hanteer.

Hierdie trekker spog met ’n kajuit wat dig seël. Die kontroles in die kajuit is ergonomies naby aan mekaar geplaas en die werktuig beskik oor ’n natkoppelaar, wat beteken hy het min sluitende dele.

Die trekker verg min onderhoud en is lig op brandstof. Dit is toegerus met ’n UDF (Ultra Fine Filtration)-stelsel wat ekstra beskerming bied teen onsuiwerhede wat in die diesel kan voorkom.

Aangesien die gehalte en suiwerheid van diesel wat direk op plase verkry word, nie altyd gewaarborg kan word nie, verseker hierdie gevorderde filtrasiestelsel dat die brandstof deeglik gesuiwer word voordat dit die enjin bereik.

Die filter word tydens elke diens vervang. Dit verteenwoordig ’n relatief geringe onderhoudskoste vergeleke met die aansienlik hoër koste om ’n beskadigde brandstofinspuiter te vervang.

Diens, diens, diens

Dienslewering speel ’n deurslaggewende rol wanneer ’n boer besluit watter trekker om aan te skaf. Smith Power Equipment se landwye netwerk van agente is daarop toegespits om boere van uitstekende diens en betroubare ondersteuning te voorsien.

Danksy vinnige toegang tot onderdele en uitstekende naverkopediens kan boere verseker wees dat hulp beskikbaar sal wees wanneer ’n masjien onklaar raak. Dit help om onnodige stilstand tot die minimum te beperk.

Die M8540-Narrow se belangrikste kenmerke

  • ’n Kubota E-CDIS-dieselenjin
  • Hidrouliese omkeerbeheer
  • ’n Bi-Speed-draaiwerkstelsel
  • ’n Outomatiese vierwielremstelsel
  • Smal konfigurasie vir boorde en wingerde

Geskikte toepassings

  • Boorde
  • Wingerde
  • Bespuiting
  • Grassny en grondbewerking

Besoek gerus Smith Power Equipment se webtuiste by www.smithpower.co.za vir meer inligting oor die maatskappy se betroubare trekkers.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0