ProAgri SA293-HulpbronbestuurMichelle Kruger2024-07-15T10:20:12+02:00

hulpbronbestuur

Gebruik die natuur om die ligte aan te hou: Power Africa wys jou hoe

Met elektrisiteitspryse wat konstant verhoog word en ՚n onbetroubare elektrisiteitsnetwerk, soek verbruikers na nuwe langtermynoplossings.

“Dit is juis in die landbousektor waar volgehoue energie van uiterste belang is, en daar waar die impak van SuidAfrika se energiekrisis die hardste gevoel word,” sê Francois Botha, direkteur van Power Africa.

Power Africa is op die voorpunt van volhoubare energievoorsiening en glo in ՚n toekoms waar die krag van die natuur gebruik kan word om betroubare, volhoubare- en bekostigbare energie op te wek. Met hulle kraakvars oplossings in son-, gas-, wind- en waterbestuur streef hulle daarna om die manier waarop Afrika energie verbruik, te verander. Die onderneming het meer as vyftien jaar ondervinding en agt suksesvolle takke regoor Suid-Afrika.

Sonenergie

  • Sonkrag kan enige plek in die wêreld gebruik word en is elke dag beskikbaar.
  • Jy geniet verlaagde uitgawes omdat ՚n gedeelte van jou krag deur sonpanele opgewek word. Die omvang van jou kostebesparing hang af van die grootte van jou stelsel en hoeveel energie gebruik word.
  • Sonenergie kan gebruik word in gebiede waar dit onmoontlik is om aan ՚n elektrisiteitsnetwerk gekoppel te word.
  • Dit is genoeg om net jou sonpanele ՚n paar keer per jaar skoon te maak en omdat daar geen bewegende dele is nie, is daar geen slytasie nie. Die omskakelaar hoef net elke vyf tot tien jaar vervang te word, so die enigste onderhoud is om te verseker dat jou kabels in ՚n goeie toestand bly om jou netwerk stabiel te hou.
  • Sonpanele verhoog die waarde van jou eiendom en kopers verkies ՚n eiendom met ՚n selfonderhoudende kragnetwerk.

Power Africa se windturbines kan jou ligte aan hou wanneer die son nie skyn nie.

Windturbines

Power Africa bied nou ‘n nuwe produk aan in die vorm van windturbines, wat by bestaande sonkragstelsels gevoeg kan word om ‘n deurlopende kragvoorsiening te verseker. “Hierdie toevoeging waarborg dat ons boere toegang het tot betroubare en volhoubare energie-oplossings wat nie net hulle daaglikse bedrywighede ondersteun nie, maar ook bydra tot die groei en sukses van die sektor oor die langtermyn.

“Die fokus op windkrag is nou noodsaakliker as ooit tevore, veral in die landbou waar elke seisoen unieke energie-uitdagings bied. Windkrag, as ‘n hernubare energiebron, bied aansienlike voordele: dit verminder die afhanklikheid van onstabiele elektrisiteitsvoorsiening en maak ons landboubedrywighede meer volhoubaar en kostedoeltreffend. Dit is ‘n kritieke stap in die rigting van ‘n volhoubare toekoms vir ons boerderygemeenskap en die beskerming van ons omgewing,” meen Francois.

Windturbines is beskikbaar in horisontale en vertikale konfigurasies, en elkeen is ontwerp vir ՚n spesifieke aanwending. Vertikale windturbines kan die wind vanuit enige rigting opvang en is baie stil. Dit maak dit die perfekte keuse vir stedelike of woongebiede. Hierdie turbines kan opmekaar gestapel word om kraglewering te verbeter.

Horisontale windturbines is meer geskik vir grootskaalse windplase. Hulle grootte maak hulle ongeskik vir woongebiede. Horisontale turbines moet minstens ses meter hoog geïnstalleer word as gevolg van hulle wye vlerkspan.

“By Power Africa strewe ons daarna om ‘n naatlose ervaring te bied vanaf die oomblik dat ‘n klant ‘n prysberaming aanvra, deur die hele installasieproses, tot by ons toegewyde naverkoopdiens. Ons verstaan die belangrikheid van betroubaarheid en ondersteuning en verseker dat ons klante toegerus is met die beste moontlike oplossings,” sê Francois.

Indien jy op soek is na alternatiewe energieoplossings vir jou huis of boerdery, kontak Power Africa vandag deur hulle webtuiste http://www.power-africa.co.za te besoek, of stuur ՚n teksboodskap “Solar” na 43366. Jy kan hulle ook skakel by 012-809-2281 of ՚n e-pos stuur aan cc@power-africa. co.za.

1

Take a step towards comfort, durability and protection with Wayne’s superior quality gumboots

Wayne has been Africa’s gumboot specialist for over 80 years. Since 1940, no other manufacturer has supplied more industrial and safety gumboots into the African market.

Wayne Safety started manufacturing gumboots an incredible 80 years ago, with Wayne Rubber producing rubber gumboots in KwaZulu-Natal. This began a long tradition of manufacturing superior quality gumboots and serving workers right at the heart of industry. Today, Wayne is one of the foremost PVC and PU gumboot manufacturers in Africa.

Since 1940, they have focused on what they do best – gumboots, and gumboots alone – allowing them to emerge as specialists in their field and pioneers in both innovation and quality.

Their range of superior quality gumboots has been specifically designed to withstand the various hazards faced by those working in a wide range of industries, from mining and agriculture to food processing and hygiene, delivering the best in protection, comfort and durability. With lightweight comfort, maximum slip resistance, soil release, and resistance to oils, fats, and chemicals, their customers trust that Wayne gumboots offer unrivalled protection against any hazards they encounter.

Over the years, they have actively worked to reduce their carbon footprint to achieve their objective of sustainability, and today 35% of all their gumboots are produced from recycled materials. The Duralight 1 and Gripper gumboots are both well-recognised in various sectors, especially the Agri-industry. Both styles enjoy a recycled PVC upper and sole that results in a superior, yet cost-effective, recycled gumboot upon which their customers rely and trust.

They have always stayed true to their local roots. All Wayne gumboots are proudly manufactured in South Africa, supporting the local economy while providing South Africans with the safety boots they need to get the job done.

Trust in Wayne, Africa’s gumboot specialist for 80 years and counting, and enjoy gumboots that are designed to give you the best in protection, durability and comfort. Find out more about Wayne’s range of superior gumboots at www.wayne-safety.com, and follow them on Facebook to keep up with all the latest news at www.facebook.com/WayneSafetySA.

0
By Specialist Writer|8th July 2024|Categories: Articles, Resource management, SA293-Hulpbronbestuur|Tags: , , |0 Comments

Besproeiing se baas! Maak jou lande woerts-warts nat met Irrigation Unlimited se kruipspuite

Die boer kom altyd eerste, hy is immers die belangrikste rolspeler in die landboubedryf. Dít is die kern van die grondslag waarop Irrigation Unlimited gebou is.

Dié toonaangewende besproeiingsmaatskappy in Suid-Afrika, ondersteun boere al vir meer as ՚n dekade met vernuwende besproeiingsoplossings. Hulle spesialiseer in die ontwerp, installering en instandhouding van besproeiingstelsels wat aan die unieke behoeftes van Suid-Afrikaanse boere voldoen.

Irrigation Unlimited fokus op die optimale gebruik van hulpbronne, insluitend water en energie, om boere te help. Hulle bied praktiese besproeiingsoplossings aan met sorgvuldig gekose komponente en tegnologie.

Besproei jou lande tjoef-tjaf met die hierdie slim plan.

Hierdie benadering is noodsaaklik in ՚n tyd waar water- en energiebeperkings ՚n werklikheid is. Die maatskappy se toewyding aan gehalte en doeltreffendheid maak hulle ՚n betroubare vennoot vir boere wat besproeiing nodig het.

Een van die suksesvolle stelsels wat hulle aanbied, is die Ocmis wateraangedrewe spuit. Hierdie kruipspuit, wat geen elektrisiteit benodig waar dit werk nie, maak gebruik van waterdruk en ՚n ratstelsel om die sproeierkarretjie deur die land te laat beweeg. In ՚n omgewing waar
kragtoevoer altyd ՚n onsekerheid is, of waar dit moeilik is om krag aan te lê, is hierdie blou bul ՚n wenner!

As ՚n mens slim werk en in die aand besproei, laat die son ook nie die water so vinnig verdamp nie en kan jou gewasse meer vog opneem.

Die wateraangedrewe kruipspuit
bied ՚n bekostigbare oplossing vir
Suid-Afrikaanse boere.

Besproei sonder moeite

Die spuit kan met ՚n trekker of selfs ՚n bakkie na ՚n volgende punt verskuif word, wat dit ՚n veelsydige en doeltreffende oplossing maak. Die toevoerpyp kan ondergronds op ՚n veilige plek tussen die lande geplaas word waar dit nie in die pad van enige grondvoorbereidingswerk
is nie.

Die grootte van die spuit bepaal hoe ver die besproeiingspyp kan uitrol en hoe wyd dit kan spuit. ՚n Boer kan ook die spoed waarteen die spuitkarretjie beweeg stel na gelang van die waterbehoefte van die gewasse.

Die Ocmis-spuit in aksie.

Hierdie sakpasspuite bied ՚n praktiese oplossing met min risiko. Die spuite is van so ‘n goeie gehalte dat hulle selfs tweedehands gekoop
kan word en steeds splinternuut lyk en werk! Solank jy jou spuite goed onderhou en gereeld olie gee, gaan dit jare lank sonder probleme werk. Sou dit gebeur dat daar iets skeefloop met jou spuit, staan die Irrigation Unlimitedspan gereed om jou te help met hulle
flink naverkopediens.

Irrigation Unlimited se Ocmis-sproeiers is uitstekend geskik vir Suid-Afrikaanse toestande. Boere kan op hierdie stelsels staatmaak vir die doeltreffende en bekostigbare besproeiing van hulle lande.

Vir meer inligting oor die Ocmisstelsels, vind uit waar jou naaste verspreider van Irrigation Unlimited se toerusting is deur hulle webtuiste te besoek by www.iunlimited.co.za of kontak hulle by (+27)12-736-2121.

1
By Ashleigh Schubert|28th June 2024|Categories: Besproeiing, SA293-Hulpbronbestuur|Tags: , , , |0 Comments

  Terug

Go to Top