Dieregesondheid
Nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer
Nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer (BKS) by uPhongolo in KwaZulu-Natal is waarskynlik veroorsaak deur die onwettige beweging van beeste vanaf besmette diptenks na die gebied. Dr Mpho Maja, hoof van die direktoraat van dieregesondheid, se owerhede doen tans voor- en na-opsporing om die bron van die nuwe besmetting te probeer[...]
Op die vae spoor van bek-en-klouseer
Bek-en-klouseer-uitbrekings wat sedert 2021 in Suid-Afrika voorgekom het, is veroorsaak deur SAT1, 2 en 3 virusse. Hoewel die oorsprong van al die uitbrekings nie nagespoor kon word nie, blyk dit dat hierdie geïdentifiseerde virusse se oorsprong die Nasionale Krugerwildtuin is. En dat die verspreiding veroorsaak is deur die onwettige[...]
Bek-en-klouseer onder beheer
Die verbete geveg om bek-en-klouseer onder beheer te bring, is besig om vrugte af te werp. Volgens Sara-Lea van Eeden, die Departement van Landbou se woordvoerder oor bek-en-klouseer, is die situasie in die Oos-Kaap en Mpumalanga onder beheer met geen nuwe voorvalle nie. In Mpumalanga, die Vrystaat, Noordwes en[...]
Oos-Kaap wildboere hou bek-en-klouseer fyn dop
Wildboere in die Oos-Kaap hou die uitbreking van bek-en-klouseer in die provinsie fyn dop. “Ons hou die bek-en-klouseer-situasie in die Oos-Kaap fyn dop,” sê John Hurter, voorsitter van Wildbedryf SA in die provinsie. Die grootste bekommernis is die onwettige beweging van vee en of wild wat met die siekte[...]
Noord-Kaap loop deur onder verskeie siektes
Ses verskillende vee- en pluimveesiektes het sedert 1 April tot 15 Augustus in die Noord-Kaap voorgekom. Die volgende siektes word in die September 2024-nuusbrief van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) genoem. Bek-en-klouseer Die kommerwekkende hiervan is bek-en-klouseer, wat in Mei vanjaar vir die eerste keer in die Oos-Kaap uitgebreek het. Voor[...]