Categories: Artikels, Dieregesondheid, Vee en WildPublished On: 12th November 2024

Op die vae spoor van bek-en-klouseer

By 4 min read

buffalo

Bek-en-klouseer is endemies in buffels wat asimptomatiese draers is en dit aan beeste en ander diere met gesplete hoewe oordra sonder dat hulle self siek word daarvan. (Bron: Pixabay)

Bek-en-klouseer-uitbrekings wat sedert 2021 in Suid-Afrika voorgekom het, is veroorsaak deur SAT1, 2 en 3 virusse. Hoewel die oorsprong van al die uitbrekings nie nagespoor kon word nie, blyk dit dat hierdie geïdentifiseerde virusse se oorsprong die Nasionale Krugerwildtuin is. En dat die verspreiding veroorsaak is deur die onwettige beweging van besmette diere oor provinsiale grense heen.

Die kliniese tekens van die staatsbeheerde, aanmeldbare bek-en-klouseer (BKS) lyk nie oral dieselfde nie en is in sommige gevalle ook heeltemal afwesig. Waarneming word dus baseer op kliniese inspeksies ook van die bekke van diere, en serologiese toetse om die virus te identifiseer.

‘n SAT 3-virus wat vroeg in 2022 in Limpopo ontwikkel het, het gelei tot ‘n uitbreking in Limpopo wat na Noordwes, die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga uitgebrei het en bekend is as die 2022 meertallige-provinsie SAT3-BKS-voorval (Engels = event).

Die bron van die virus wat BKS na die voorheen BKS-vrye sone in Limpopo gebring het, kon nog nie vasgestel word nie aangesien daar nie ‘n noue verband tussen die spesifieke virus en ander wat elders in buffer- en besmette sones van die land identifiseer is nie.Die diere wat die uitbreking in Noordwes veroorsaak het, was afkomstig van ‘n gebied in Limpopo wat nie ten tye van die verskuiwing ‘n beheerde gebied  was nie.

Dieselfde virus is identifiseer in die Humansdorp en Oos-Londen voorvalle wat in Mei 2024 in die Oos-Kaap begin het.

Epidemiologiese ondersoeke in KwaZulu-Natal kon tot dusver ook nog nie die bron van die 2021 SAT2-BKS-voorval daar identifiseer nie. Die virus wat vir die uitbreking verantwoordelik was, is egter nou verwant aan die SAT2-virus wat in 2019 verantwoordelik was vir ‘n uitbreking in die noordelike deel van Limpopo.

Dit word aanvaar dat die onwettige beweging van diere uit die beheerde sone van Limpopo na KZN die uitbreking daar veroorsaak het. Dieselfde virus is identifiseer in die uitbreking in Oos-Londen wat 30 April 2024 in die Oos-Kaap begin het.

Die virus wat vir die uitbreking in Januarie 2024 in die BKS-beheerde sone in Mpumalanga is bevestig as SAT1, maar die oorsprong van die virus kon ook nog nie vasgestel word nie. Weens die gebied se ligging naby die Wildtuin kan aanvaar word dat dit die mees waarskynlike bron is.

Hoewel die BKS-vrye sone sonder inenting in 2019 verlore is, bly beheermaatreëls vir die siekte in plek soos uiteengesit in die Veeartsenykundige Prosedure-kennisgewing vir die beheer van BKS in die land. Uitvoer van lewende hawe of verwerkte produkte vanuit hierdie sones is permanent verbode.

Buffels

Die endemiese en hoogs aansteeklike siekte het waarskynlik in Afrika ontstaan en ontwikkel, se dr Peter Oberem, voorheen betrokke Wildlife Ranching South Africa (WRSA).

Volgens hom word alle diere met gesplete hoewe aangetas, insluitende wild, beeste, skape, bokke en varke. “Oor die afgelope duisend jaar het verskillende serotipes ontwikkel wat regoor die wêreld versprei het.

In Suid-Afrika word die SAT1, SAT2 en SAT3-serotipes al eeue lank met die Afrika-buffel verbind. “Dit het daartoe gelei dat die virus en buffels wedersyds aangepas het sodat buffels draers daarvan is sonder dat hulle enige simptome toon. Die meeste diere ontwikkel geringe simptome, maar veredelde, geteelde diere soos beeste, skape, bokke en varke kan ernstig siek raak.

Die veeartsenykundige kordonheinings wat in die Tagtigs en Negentigs rondom die Wildtuin opgerig is, die gereelde inenting van beeste wat met buffels in aanraking kom, en die beperkte kontak tussen buffels en beeste in die buffersone langs die Wildtuin, het uitbrekings tot een elke 5,5 jaar beperk.

Volgens dr Oberem het swak heinings en gebrekkige inenting in die kontaksones ongelukkig tot ‘n hoër voorkoms van bek-en-klouseer (en minste een elke jaar) uitbrekings gelei.

Die feit dat beeste onwettig uit die besmette- en beheersone beweeg word maak dit feitlik onmoontlik om die verspreiding van die siekte tot die gebiede te beperk. Waar die beeste beweeg word, loop bek-en-klouseer se spoor  van verwoesting op hulle hakke.

Met die instelling van dieresiektebeheergebiede en streng biosekerheidsmaatreëls gooi die regering nou verwoed wal teen die verspreiding van die siekte. Die strenger maatreëls werp vrugte af en vier provinsies is onlangs as BKS-vry verklaar.

Vir meer inligting, kontak Marzanne Roets by Nasionale Dieregesondheidforum by  admin@NAHF.co.za

Die kaart dui die BKS besmette sone (FMD infected area), buffersone (FMD protection zone), waarnemingsone (FMD high surveillance area) en BKS-vrye sone (FMD free zone). (2024-10-31.FMD Technical Update Report (3).pdf)

Bronverwysings

Steyn, T. (2022) FMD could wipe out game ranches. ProAgri.co.za https://proagri.co.za/fmd-could-wipe-out-game-ranches/

Steyn, T. (2024) Bek-en-klouseer in Oos-Kaap: Oorsprong nog onbekend https://proagri.co.za/bek-en-klouseer-in-oos-kaap-oorsprong-nog-onbekend/

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0