Noord-Kaap
AMC Equipment sluit by die Senwes Groep aan en sal vanaf 1 Mei 2026 as Senwes Equipment handel dryf
Die Senwes Groep kondig met trots aan dat AMC Equipment vanaf 1 Mei 2026 amptelik deel van die Senwes Groep sal vorm en voortaan in die Noord-Kaap as Senwes Equipment sal handel dryf. Hierdie stap volg nadat die voorgestelde transaksie deur alle relevante owerhede goedgekeur is. Die integrasie vorm[...]
Halfmiljoen rand boete vir besit van skurwejantjies en ‘n skilpad
‘n Spaanse burger wat met ‘n klomp Noord-Kaapse reptiele in sy besit vasgetrek is, is ‘n boete van ‘n halfmiljoen rand opgelê. Die 41-jarige David Navarro Roman is op 12 Februarie in die Vredendal streekhof skuldig bevind aan die onwettige besit en invoer van 22 ietermagô-gordelakkedisse, oftewel skurwejantjies (Ouroborus[...]
Bek-en-klouseer bevestig in Wes-Kaap, Noord-Kaap
Die geringe hoop dat die laaste twee bek-en-klouseervrye provinsies in die land die gevreesde siekte gaan vryspring, is die week by die venster uit met die bevestiging van gevalle op ‘n suiwelplaas naby Hartenbos in die Suid-Kaap, en op ‘n plaas naby Kuruman in die Noord-Kaap. Die Rooivleisprodusente-organisasie in[...]
Laaste twee provinsies tuimel voor BEK aanslag
Die Noord-Kaap kan sy bek-en-klouvrye status kwyt wees nadat ‘n geval van die gevreesde siekte die afgelope naweek in die Kurumandistrik voorgekom het. Die provinsie was sover die enigste waar die staatsbeheerde siekte nog nie aangemeld is nie. Volgens Yolande Botha, bedryfsbeampte van die Rooivleisprodusente-organisasie RPO in die Noord-Kaap,[...]
Noord-Kaap: Slenkdalkoors waarskuwing
Die Departement van Landbou in die Noord-Kaap rig ’n dringende waarskuwing aan boere en plaaswerkers nadat Slenkdalkoors (Rift Valley Fever – RVF) in die Kakamas-omgewing naby Augrabies bevestig is. Die waarskuwing volg nadat Onderstepoort Veeartsenykundige Navorsingslaboratorium na ontleding van die https://www.grainsa.co.za/upload/slenkdalkkoors01.jpgVolgens die Direktoraat van Veeartsenydienste is die situasie ernstig:[...]