bek-en-klou
Bek-en-klouseer bevestig in Wes-Kaap, Noord-Kaap
Die geringe hoop dat die laaste twee bek-en-klouseervrye provinsies in die land die gevreesde siekte gaan vryspring, is die week by die venster uit met die bevestiging van gevalle op ‘n suiwelplaas naby Hartenbos in die Suid-Kaap, en op ‘n plaas naby Kuruman in die Noord-Kaap. Die Rooivleisprodusente-organisasie in[...]
Geen gesplete-hoefdieruitstallings by die 2026 NAMPO Oesdag weens bek-en klouseer risiko
Graan SA en die NAMPO-bestuur bevestig dat geen gesplete-hoefdiere by die 2026 NAMPO Oesdag, wat van 12-15 Mei 2026 by NAMPO Park plaasvind, toegelaat sal word nie. Hierdie besluit volg ná die onlangse uitbrekings van bek- en klouseer (BKS) in Suid-Afrika, insluitend gevalle wat geografies nader aan die sentrale[...]
Bek-en-klouseer se entstof-invoer neem nuwe wending
Terwyl Suid-Afrikaanse boere op hete kole sit en wag vir ’n einde aan die bek-en-klouseer (BKS)-epidemie en vir entstowwe om die land binne te kom, het die private Suid-Afrikaanse veeartseny-entstofvervaardiger, Design Biologix, op 3 Februarie laat weet dat hulle nie meer die middelman vir die entstowwe sal wees nie.[...]
Bek-en-klouseer-krisis: Miljarde verlore in beesvleis-inkomste
Bek-en-klouseer (BKS) het geëskaleer in 'n volskaalse nasionale krisis met ernstige gevolge vir Suid-Afrika se landbouhandel, landelike werkgeleenthede en voedselsekerheid. Vrystaat Landbou (VL) waarsku dat die voortdurende mislukking om uitbrake te beperk en tydige toegang tot entstowwe te verseker, nou direk die land se geloofwaardigheid as 'n handelsvennoot ondermyn[...]
Eisbrief aan minister van Landbou: VL en ander landbou rolspelers neem regsstappe oor BKS-entstowwe
Vrystaat Landbou (VL), saam met sleutelrolspelers in die landboubedryf waaronder die Suider-Afrika Agri-inisiatief (SAAI) en Sakeliga, het deur hul regsverteenwoordiger formele stappe geïnisieer om die staat se monopolie oor die verkryging en toediening van bek-en-klouseer (BKS)-entstowwe te verbreek. Die organisasies het vroeër die week ’n eisbrief aan die Minister[...]