Nicole
Die gebruik van hommeltuie in boerdery – deel 1: Boerdery sonder grense
Vyf jaar gelede was ’n hommeltuig op ’n plaas meestal iets wat by ’n landbouskou te sien en gedemonstreer was. Dit was indrukwekkend, maar vir baie boere nie noodwendig prakties nie. Vandag word dieselfde tegnologie gebruik om gewasstres vroeg op te spoor, plaagdoders presies toe te dien en skade[...]
President Ramaphosa verklaar bek-en-klouseer ’n nasionale ramp – maar wat beteken dit?
President Cyril Ramaphosa het tydens sy 2026-staatsrede die aankondiging gemaak waarop boere reeds ’n jaar lank wag: bek-en-klouseer (BEK) is amptelik as ’n nasionale ramp verklaar. “Ons het BEK as ’n nasionale ramp geklassifiseer en sal al die nodige vermoëns binne die staat mobiliseer om hierdie krisis te hanteer,”[...]
Droogte, siekte en nou vloede: Hoeveel meer kan boere verduur?
Boere in die Dr Beyers Naudé-munisipale gebied is geen vreemdelinge vir teenspoed nie. Na jare van droogte, ekonomiese druk en die voortdurende bedreiging van siektes soos bek-en-klouseer, moes boere hierdie week nóg ’n verwoestende slag verduur, hierdie keer is dit kitsvloede. Hewige donderstorms het Donderdag verskeie dorpe soos Aberdeen,[...]
VIDEO: 10 Jaar van Reinke Afrika
Reinke het tydens hul Handelaarskonferensie, wat op 28 Januarie 2026 by The Roots in Potchefstroom gehou is, tien jaar van groei, innovasie en impak in Afrika gevier. Van strategiese uitbreiding na nuwe en ontluikende markte tot moderne besproeiingstegnologie wat fokus op beter water- en energie gebruik, bly Reinke groei[...]
Bek-en-klouseer: Die onsigbare vyand wat boere kniehalter
Bek-en-klouseer is ‘n term onder Suid-Afrikaanse boere, wat groot woede, hartseer en kommer tans in die land veroorsaak. ’n Siekte wat voorkombaar was, het handuit geruk weens onregmatige optrede en ’n gebrek aan doeltreffende beheer oor die verskuiwing van vee. Wat as ’n geïsoleerde probleem begin het, het oornag[...]