Noord-Kaap
Noord-Kaap se boere word gehelp in droogtetyd
26 vragmotors vol voer word more (Vrydag 15 September) na boere in Vredendal in die Noord-Kaap gestuur om hulle in die droogtetyd te help. Die vragmotors is gereël deur Caring Daisies, ‘n hulporganisasie. Caring Daisies, net soos die Boere in Nood-groep en georganiseerde landbou, is nog onverpoosd besig om[...]
Jasper: Die grootste sonplaas in SA
Die grootste sonplaas in die land en een van die grootstes in Afrika, is die Jasper-sonplaas net buite Postmasburg in die Noord-Kaap. Dit is deur SolarReserve, ’n wêreldwye ontwikkelaar van grootskaalse sonenergieprojekte, opgerig. Die naam, Jasper, is Engels vir jaspis, ’n soort klip wat algemeen in die Noord-Kaap voorkom[...]
AFGRI brei finansiële dienste uit na Noord-Kaap
AFGRI, die toonaangewende landboudienste-, voedselverwerkings- en graanmaatskappy brei sy finansiële dienste uit na die Noord-Kaap deur ‘n samewerkingsooreenkoms tussen UNIGRO Finansiële Dienste en KLK Landbou. UNIGRO Finansiële Dienste, een van die ondernemings in AFGRI se finansiëledienste-portefeulje, het vroeg vanjaar ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit met die Noord-Kaapse KLK Landbou Beperk. Met[...]
Interskoukompetisie tussen jongooiklubs
Philipstown is ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap wat in die middel van die hartklop van die Merino-wêreld lê. Hier poog elke Merinoboer om sy ras te verbeter en die liefde daarvoor elke dag uit te leef. Dit is seker ook die rede hoekom die oudste Jongooiklub in die[...]
Graanboer van die jaar 2015: “Saam knikker ons enige krisis uit”
‘n Skitterende eerste vir die Noord-Kaapstreek is Genade Boerdery se toekenning as Graan SA se Graanprodusent van die jaar 2015.Genade Boerdery bestaan uit ’n pa, Vickie Bruwer, en sy drie seuns, Gerhard, Hannes en Vickie junior. Hannes boer in die Hopetown-omgewingen die res van die familie by Douglas. Hulle[...]