Categories: NewsPublished On: 14th June 2016

Interskoukompetisie tussen jongooiklubs

By 1 min read
274 words

Prpgram

Philipstown is ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap wat in die middel van die hartklop van die Merino-wêreld lê. Hier poog elke Merinoboer om sy ras te verbeter en die liefde daarvoor elke dag uit te leef. Dit is seker ook die rede hoekom die oudste Jongooiklub in die distrik nog bestaan.

‘n Heerlike dag in samewerking met die NWKV word beplan vir Woensdag, 20 Julie 2016 vanaf 10:00 op die plaas Vrede in die Philipstown-distrik.

Op die dag gaan alle jongooiklubs van die omgewing hulle beste agt ooitjies van elke klub teen mekaar skou. Volgens Diederik Vermeulen gaan dit die eerste van die soort skoue in hulle wolbedryf wees.

Die klubs wat gaan deelneem is Philipstown Jongooiklub, Modern Merino (Hanover, Colesberg en Philipstown), Middelburg Merino Jongooiklub, Noupoort Merino Jongooiklub, Britstown Merino Jongooiklub en Kraankuil Jongooiklub.

Die interskou word deur Gawie van Wyk van die NWKV beoordeel. Daar word nou al bespiegel oor watter klub uiteindelik die wenner sal wees.

Op die dag word daar ook iets vir die dames aangebied, die Kokkedoor-deelnemer van 2014, Leroux, gaan ook ‘n kosdemonstrasies met seekos kom lewer. Daar gaan ook stalletjies wees sodat die dames die dag sal geniet. Heerlike kos en drinkgoed sal aangebied word.

Daar gaan ook ramme van bekende telers wees, voertuie uitgestal word en verskeie demonstrasies vir die manne wees onder andere ‘n skeerdemonstrasie deur Guillaume Strydom, SA skeerkampioen, en ‘n demonstrasie deur die veearts, dr Frans Jooste. Die besturende direkteur van Cape Wools, Louis De Beer, gaan ook ‘n praatjie hou en daar is nog vele meer.

Vir navrae skakel Diederik Vermeulen by 053-665-7006 of 082-481-6985 of e-pos hom by odysfarming@gmail.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0