Afriforum
AfriForum, Saai fokus op veediefstal, ander plaasmisdaad
Die flink optrede van AfriForum se Delmas Valke-plaaswag wat gelei het tot die terugvind van meer as 60 beeste het boere aan die gons. Die suksesvolle optrede het daartoe gelei dat van die koeie en verse wat deur veediewe aan ’n veilingkraal verkoop is, opgespoor is. Opleiding lei tot[...]
Burgerlike organisasies help om 25 miljoen liter water van plaaspaaie te verwyder
AfriForum se Ellisras-tak het vir 13 dae lank gespook om saam met Saai en die plaaslike boeregemeenskap van Lephalale (Ellisras) ongeveer 25 miljoen liter water van paaie af te pomp nadat groot dele van dié gebied oorstroom het. Dit het nagenoeg 650 liter diesel geverg om die water uitgepomp[...]
Regering swyg terwyl AfriForum en Saai nóg droogtehulp stuur
AfriForum en Saai (Suider-Afrika Agri-Inisiatief) het die afgelope week ingetree om boere van die Noord-Kaap met droogtehulp te help nadat die regering nog nie hulp aan boere in die Williston-omgewing verskaf het nie. Die burgerregteorganisasie se Williston-tak, tesame met Saai, het 10 ton voer geskenk om die plaaslike gemeenskap[...]
Saai en AfriForum versoek Interpol om pogings teen eskalerende oorgrens veediefstal tussen Suid-Afrika en Lesotho te verskerp
Saai en AfriForum eis onmiddellike ingryping van Interpol om die kommerwekkende toename in oorgrens veediefstal en gepaardgaande geweld tussen Suid-Afrika en Lesotho te takel. In ’n brief wat op 29 Augustus aan Jürgen Stock, Interpol se sekretaris-generaal, gestuur is, beklemtoon die organisasies die dringende behoefte aan verbeterde internasionale samewerking[...]
Konstitusionele Hof se uitspraak nie die einde van die pad vir Zimbabwiese boere
Vandag se uitspraak in die Konstitusionele Hof, waarin bevind is dat die eise van Suid-Afrikaanse slagoffers van Zimbabwe se grondgrype verjaar het, is nie die einde van die pad vir Zimbabwiese boere nie, benadruk Saai en AfriForum. Dié organisasies oorweeg reeds opvolgsake om regverdige en billike vergoeding vir slagoffers[...]