Veilings
Nu-Alcade Bonsmaras nooi jou na hulle 39ste produksieveiling: Presies geteel, noukeurig gekies en eerste met RFID-tegnologie
Wanneer dit by Bonsmara genetika en gehalte kom, skroom die Nu-Alcade-groep nie om die standaard hoog te hou nie. Met hulle 39ste produksieveiling om die draai, is Bonsmara-boere – stoet én kommersieel, verseker van ’n aanbod wat funksionaliteit, prestasie en genetiese waarde kombineer. Die veiling vind plaas op Donderdag,[...]
Aanpasbare en gehalte Dormers wag by Hatari Farming se produksieveiling
Dormerboere kan regmaak vir ’n veiling van formaat wanneer Hatari Farming saam met Gras Karoo Dormers en 2 Broers Dormers op 20 September hulle beste genetika aanbied. Op die plaas Content in Bainsvlei buite Bloemfontein wag ’n aanbod wat elke boer se behoeftes sal aanspreek – van stoetramme- en[...]
VIDEO: Riverglen produksieveiling is om die draai! | 27 Augustus 2025
As jy ’n Beefmaster- of Brahman-beesboer is en op soek is na bekostigbare genetika en mooi diere om jou kudde aan te vul, maak seker jy woon Riverglen Wildlife se 7de produksieveiling by. Die veiling vind plaas op Woensdag 27 Augustus 2025 om 11:00 by Mooifontein, Middelburg, waar ’n[...]
Riverglen Wildlife se 7de produksieveiling beloof gehalte diere
Die 7de produksieveiling van Riverglen-stoetery staan voor die deur en beloof weer ’n uitsonderlike geleentheid vir kommersiële boere en stoettelers om topgehalte Beefmaster- en Brahman-diеre aan te skaf. “Ons aanbieding van geregistreerde diere is bedoel en gefokus daartoe om aan kommersiële boere en stoettelers bekostigbare genetika te voorsien,” sê[...]
Westbourn Bonsmaras: Waar passie en genetiese vooruitgang saamkom
Sowat 85 kilometer buite Bloemfontein, tussen Dewetsdorp en Reddersburg, lê die plaas Dampoort, die tuiste van Westbourn Bonsmaras. Sedert 1999 is daar met oorgawe geboer op die Vrystaat vlaktes, en in 2007 is die stoet onder die naam Westbourn Bonsmaras amptelik geregistreer. Vandag staan die stoetery as die hartklop[...]