Nu-Alcade Bonsmaras nooi jou na hulle 39ste produksieveiling: Presies geteel, noukeurig gekies en eerste met RFID-tegnologie

12395 – Agri4All – 1600×840 (Facebook)
Wanneer dit by Bonsmara genetika en gehalte kom, skroom die Nu-Alcade-groep nie om die standaard hoog te hou nie. Met hulle 39ste produksieveiling om die draai, is Bonsmara-boere – stoet én kommersieel, verseker van ’n aanbod wat funksionaliteit, prestasie en genetiese waarde kombineer.
Die veiling vind plaas op Donderdag, 25 September 2025 om 11:00 by die Warmbad Veemark, Bela-Bela. Hier wag ’n veilingskraal vol diere wat getuig van jare se toegewyde seleksie en presiese teelwerk deur die Nu-Alcade groep.
RFID-tegnologie: ‘n Eerste by Nu-Alcade
Nu-Alcade is veral besorg oor die naspeurbaarheid van hulle diere en gebruik daarom die RFID-tegnologie.
“Boere soek gemoedsrus en naverkopediens en ons wil die eienaarskap van die diere reg oordra sodat elke koper weet waar die dier vandaan kom,” sê Carel Chalmers.
Alle inkomende en uitgaande voertuie word ontsmet, diere word gekontroleer, die dier word gemerk met verkoper se nommer en ‘n veearts toets die diere om onder andere ook ‘n bek-en-klou-sertifikaat vir die koper te bied. Die RFID word in die dier se oor gesit. Elke RFID-merker word geskandeer en gekoppel aan die verkoper se nommer. So kan die nommers dan vir die kopers gestuur word om ook in te lees by sy eie stelsel.
Op aanbod:
- 25 SP-bulle – presies geteel en streng gekeur vir vrugbaarheid, gehardheid en produksievermoë.
- 180 Kommersiële vroulike diere – in verskillende produksiestadias om by elke boer se behoefte te pas.
- 200 A-grade slagvee
- 200 C-grade slagvee
- 200 speenkalwers
Sien die elektroniese katalogus hier.
Met hierdie wye aanbod bied die veiling waarde vir beide stoettelers wat hulle kudde se genetika wil versterk, en kommersiële boere wat winsgewende diere soek wat in die veld en voerkraal kan presteer.
Waarom Nu-Alcade?
Die groep se slagspreuk: Presies Geteel, Noukeurig Gekies is nie net woorde nie. Elke dier word deur die telers noukeurig gekies en aangebied met die doel om jou as koper se kudde se prestasie en winsgewendheid te bevorder. Die Nu-Alcade-groep bestaan uit 12 toegewyde Bonsmara-telers uit die Limpopo en Noordwes-distrik wat saamstaan om konsekwente gehalte en waarde vir kopers te bied. Lees meer oor die lede hier.
Skakel die span vir meer inligting:
- Bemarkers: Carel Chalmers (082 896 9586), Hendrik van der Walt (083 628 9301), Johan Bester (082 838 8976), HP van der Walt (081 011 2049)
- Afslaers: Mike Killassy (082 378 8112), Pieter-John Venter (082 924 5156)
Kom wees deel van ’n dag waar genetika, ervaring en passie vir Bonsmara-teling saamkom, en waar jy die geleentheid kry om die regte diere vir jou plaas, jou kudde en jou toekoms te bekom. Die veiling word aangebied deur Vleissentraal Bosveld en sal ook aanlyn beskikbaar op SwiftVee se platform wees. Besigtig ook die veiling op Agri4All.