Kanna Industries maak baalhantering maklik

Kanna_product_gallery_Big_pack_Bale_loader_04
Wanneer verwerkte bale van die land af vervoer moet word, is doeltreffendheid, betroubaarheid en veiligheid van kardinale belang. Kanna Industries bied met sy baallaaiers en katoenbaalwaens praktiese oplossings vir boere wat groot hoeveelhede bale vinnig wil hanteer. Kanna se baallaaiers bespaar nie net tyd en arbeid nie, maar kan ook bydra tot laer bedryfskoste en ’n meer doeltreffende oesproses.
Willa Nolte, die stigter en eienaar van Kanna Industries, het op ’n plaas in die Karoo grootgeword en gevolglik weet hy dat elke plaas en situasie uniek is. Hy wil vir boere net die beste toerusting voorsien.
Maklike baallaaier
’n Maklike baallaaier maak die boer se werk vinniger. Kanna se baallaaier is ’n sleepwa wat ronde bale outomaties direk vanaf die land laai en dit weer aflaai in die stoor. Die laaier kan ses tot nege bale op ’n slag hanteer wat dit vinniger vir die boer maak, en die baallaaier word hidroulies deur die trekkerbestuurder beheer.

Baallaaier
Katoenbaallaaier
Die onderneming se katoenbaalwa is spesiaal omdat hierdie soort bale swaar is om te vervoer. Kanna se katoenbaallaaier kan ’n katoenbaal met ’n massa van 2 tot 3 ton laai. Die laaier kan deur ’n trekker van 100 kW gesleep word. As gevolg van die groot massa van die katoenbale vind die laaiproses plaas terwyl die trekker en laaier stilstaan.
Die laaivurk van die katoenbaalwa sak tot op die grond, waarna die baal aan die regterkant van die laaier opgeskep word. ’n Jokkiewiel en arm wat uitbeweeg sodra die baal op die vurk gelaai is, voorkom dat die laaier omkantel.
Sodra die baal op die laaier gelaai is, vervoer ’n vervoerband die baal na die agterkant van die laaier om plek te maak vir die volgende baal. Die laaier kan vier bale met gemak laai.
Om die vier bale af te laai, word die hele laaibak van die masjien hidroulies gekantel. Die vervoerband beweeg dan die bale na die agterkant van die laaier, waar hulle een vir een versigtig afgelaai word sodat die verpakking nie skeur nie.
Kanna se toerusting word ontwerp en gebou om doeltreffend, eenvoudig, duursaam en bekostigbaar te wees. Besoek die webwerf of skakel vir Willa vir meer inligting oor Kanna se baallaaiers by (+27)72-333-1051 of stuur ’n e-pos aan willa@kannaindustries.co.za