Kanna Industries maak baalhantering maklik

WhatsApp Image 2026-10-09 at 13.37.55
Wanneer verwerkte bale van die land af vervoer moet word, is doeltreffendheid, betroubaarheid en veiligheid van kardinale belang. Kanna Industries bied met sy baallaaiers praktiese oplossings vir boere wat groot hoeveelhede bale vinnig wil hanteer. Kanna se baallaaiers bespaar nie net tyd en arbeid nie, maar kan ook bydra tot laer bedryfskoste en ’n meer doeltreffende oesproses.
Willa Nolte, die stigter en eienaar van Kanna Industries, het op ’n plaas in die Karoo grootgeword en gevolglik weet hy dat elke plaas en situasie uniek is. Hy wil vir boere net die beste toerusting voorsien.
Maklike baallaaier
’n Maklike baallaaier maak die boer se werk vinniger. Kanna se baallaaier is ’n sleepwa wat bale outomaties direk vanaf die land laai en dit weer aflaai in die stoor. Die laaier kan ses tot nege bale op ’n slag hanteer wat dit vinniger vir die boer maak, en die baallaaier word hidroulies deur die trekkerbestuurder beheer.

Die baallaaier is 6 meter lank, is mobiel verskuifbaar, en is hidroulies aangedryf.
Klein baallaaiers wat doeltreffend werk
Die onderneming se baallaaiers is ook geskik vir om kleiner bale te laai vanaf die veld tot die stoorhuis en kan deur meeste trekkers gesleep word. Bale kan dan doeltreffed opgelaai en dan afgelaai word tot n pak hoogte van 4.2 meter. Die baallaaier is sowat 6 meter lank en word deur hidrouliese stelsels beheer, of self elektries as nodig.
Kanna se toerusting word ontwerp en gebou om doeltreffend, eenvoudig, duursaam en bekostigbaar te wees. Besoek die webwerf of skakel vir Willa vir meer inligting oor Kanna se baallaaiers by (+27)72-333-1051 of stuur ’n e-pos aan willa@kannaindustries.co.za