Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 17th November 2026

Span die Legend-skoffel in vir doeltreffende onkruidbeheer

By 3 min read
632 words

agri afrika 1

’n Boer voer ’n eindelose stryd teen die natuur en alles wat normaalweg in sy landerye groei om die gesonde groei van saad te waarborg. Dus moet boere weet wat in hul lande aangaan voordat hul gewasse dalk skade kan opdoen. Enige boer kan getuig van die gevaar van onkruid wat stilletjies tussen die gewasse groei en dit mettertyd beskadig deur water, voedingstowwe en lig van jou plante af weg te neem.

Hier kom die skoffel ter sprake. Die toestel bewerk die grond tussen jou gewasrye sodat onkruid nie kans kry om te groei nie. Dit verseker gesonde groei dwarsdeur die groeiseisoen, sonder dat jy enige onnodige of selfs skadelike gifstowwe hoef te spuit.

Agri Afrika bied die Legend-skoffel aan, ’n leier in sy mark. Dié implement is spesifiek geskik vir Suid-Afrikaanse boere wat dwarsdeur die plantseisoen so effektief as moontlik te werk wil gaan. Die gebruik van die skoffel is beter vir die omgewing en dit sal jou boerdery tydens elke oes ’n hupstoot gee.

Die Legend-skoffel is geskik om onkruid op bykans enige plaas in Afrika bestry.

Skoffels maak só onkruid dood

Skoffels teiken onkruid op twee maniere en is geskik om dit doeltreffend te bekamp. Dit verseker dat boere minder plaagdoder hoef te gebruik en help om grondgesondheid vir so lank as moontlik te verseker.

Dié metode, wat bekend staan as tussenryse-skoffeling, is ’n omgewingsvriendelike manier om onkruid tussen die rye te vernietig sonder om die gewasse self te beskadig. Só kry jou plante hul deel van noodsaaklike voedingstowwe en water in die grond.

Die eerste manier om grondgesondheid te verseker, is om onkruid in ’n jong stadium te teiken. Onkruid wat nog nie ’n volle plant gevorm het nie – en nog in die “witdraad”-stadium is, sterf byna onmiddellik wanneer dit uit die grond gepluk word weens die wortels wat die grond verlaat en blootstelling aan direkte sonlig.

Die tweede manier om grondgesondheid te waarborg, is om die skoffel verkieslik op ’n droë, sonnige dag te gebruik. Indien ’n stuk onkruid dalk reeds tot ’n ten volle ontwikkelde plant gegroei het, sal die son dit uitdroog en tot gevolg hê dat dit nie kan oorleef of weer sal groei nie. Skoffels is dus een van die effektiefste maniere om onkruid te beveg sonder om op gifstowwe staat te maak.

Boere kan staatmaak op die Legend-skoffel

Die Legend-skoffel kan opgesom word as “ ’n stewige en goed ontwerpte werktuig wat spesifiek ontwikkel is om onkruid te beveg”.

Die rye-eenhede is aan die sterk hoofbalk vasgebout, wat dit maklik maak om die rywydte aan te pas deur bloot dié eenhede langs die balk te skuif. Elke eenheid ry op ’n parallelogram wat met onderhoudsvrye staal-/Vesconite-bosse geskarnier is, sodat dieselfde aanvalshoek op die grond behou word. (Vesconite is ’n spesiale sintetiese laewrywing-plastiekmateriaal.)

Die werkdiepte word met dieptebeheerwiele verstel, en die hooggemonteerde, veerbelaaide S-tande verbeter materiaalvloei en grondvryhoogte. Die Legend-skoffel kan ook met ’n opsionele kunsmistoedieningstelsel toegerus word. Die vlerke van die breër modelle vou hidroulies op om ’n smal vervoerwydte te bewerkstellig.

Met verstelbare rywieldiepte, kan die Legend-skoffel jou gewasse beskerm teen hardnekkige onkruid.

Hierdie kenmerke sonder die Legend-skoffel uit

  • RUDC-wiel – die dieptebeheerwiel vir die rye-eenheid (Row Unit Depth Control) laat jou toe om die werkdiepte presies te stel.
  • HD-skarniere – swaardiensskarniere op alle opvoubare raamwerke vir ekstra krag en lang diens.
  • Smal vervoerwydte – maak vervoer oor paaie en deur hekke aansienlik makliker.
  • HD-hangpunt – ’n swaardienshangpunt wat die werktuig stewig en veilig aan die trekker koppel.

As jy op soek is na ’n oplossing vir onkruidbeheer in Suid-Afrika, is die Legend-skoffel beslis een van die toestelle wat jy op jou plaas nodig het.

Vir meer inligting oor die Legend Skoffel en die model wat die beste by jou boerdery pas, kontak Agri Afrika by 086-111-3692 of info@agriafrika.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0