VIDEO: Riverglen produksieveiling is om die draai! | 27 Augustus 2025

Riverglen tn
As jy ’n Beefmaster- of Brahman-beesboer is en op soek is na bekostigbare genetika en mooi diere om jou kudde aan te vul, maak seker jy woon Riverglen Wildlife se 7de produksieveiling by. Die veiling vind plaas op Woensdag 27 Augustus 2025 om 11:00 by Mooifontein, Middelburg, waar ’n uitsonderlike aanbod geregistreerde diere onder die hamer sal kom.
Op aanbod:
Beefmaster:
- 20 Geregistreerde bulle
- 25 Geregistreerde en kommersiële verse
Brahman:
- 8 Geregistreerde bulle
- 25 Kommersiële verse
Chabray:
- 25 verse