Categories: VideosPublished On: 2nd October 2026

VIDEO: Valtrac vier 30 jaar: Van ’n Valmet 15 tot vandag se slim trekkers

By 1 min read
130 words

Valtrac

’n Ou bekende het vanjaar op Valtrac se NAMPO Kaap-standplaas die kollig gesteel. Die 1953 Valmet 15 is uit sy stoorplek gehaal vir ’n baie spesiale geleentheid. Valtrac vier in 2026 sy 30ste bestaansjaar!

Wat 30 jaar gelede begin het toe Wynn Dedwith na ’n plaasvervanger vir sy eie Volvo-trekkers gesoek het, het uiteindelik gegroei tot ’n onderneming wat vandag trekkers en landboutoerusting landwyd versprei.

In die video vertel oom Wynn meer oor Valtrac se ontstaan, die veranderinge wat hy oor drie dekades in die landboumasjineriebedryf beleef het en hoe tegnologie, van GPS tot kunsmatige intelligensie , die trekker van die toekoms vorm.

Van die eenvoudige Valmet 15 tot vandag se gevorderde Valtra-trekkers: baie het in 30 jaar verander, maar Valtrac se verbintenis tot die boer bly staan.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0