vrystaat
Swaar reën oor die noordelike dele van die Vrystaat
Talle boere in die noordelike dele van die Vrystaat is vandag besig met skade-opnames na swaar reën en hael oor die naweek sporadies voorgekom het. Reënmetings in die Parys-distrik het tussen 30 mm en 200 mm binne vier ure op Vrydagmiddag, 11 November 2016, gewissel. Kobus Dannhauser, voorsitter van[...]
Plaasaanval op Heilbron afgeweer
’n Plaaswerker en boere van die Heilbron-distrik het ’n winkeleienaar, Kerry Moody, op die plaas Vyandsvlei te hulp gesnel om ’n moontlike plaasaanval af te weer. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar gerapporteer, het die werker op pad werk toe vreemde mans rondom sy werkgewer se huis gewaar. Hy[...]
Vier voorvalle op Vrystaat-plase in Oktober
In die vierde plaasaanval-voorval hierdie maand, word verdagtes tans gesoek na hulle vanoggend (11 Oktober) op plaaswerkers op ’n plaas in die Parys-distrik geskiet het. Die werkers het die verdagtes glo in die veld raakgeloop. Die boer is in kennis gestel en die plaaslike plaaswagstelsel is geaktiveer. Boere van[...]
Veiligheidsberade skop in die Vrystaat af
Die eerste van ’n reeks veiligheidsberade wat die Polisie in samewerking met die VKB/VL Veiligheidslessenaar in die Vrystaat beplan, het op 21 September 2016 by Bobbiespark in Bloemfontein plaasgevind. Die berade word aangebied as deel van die Polisie en die lessenaar se pogings om landelike veiligheid in die provinsie[...]
Veediewe loop hulle rieme styf in die Vrystaat
Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week in twee voorvalle in die Edenville-distrik aangekeer. In die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle drie skape[...]