VKB
Moorde op plase in die Vrystaat het afgeneem
Statistiek oor moorde en ernstige geweldsmisdade op plase in die Vrystaat, soos deur die VKB/VL Veiligheidslessenaar aangeteken vir die jaar tot dusver, dui ’n daling in moorde en aanvalle op plase aan. Vir Vrystaat Landbou (VL) en die VKB/VL Veiligheidslessenaar is elke moord ‘n moord te veel, en hulle[...]
Twee plaasaanvalle oor een naweek in die Vrystaat
Vrystaat Landbou (VL) wil weer eens boere aanmoedig om uiters versigtig en paraat te wees soos wat die feesseisoen nader kom, met twee plaasaanvalle wat die naweek in die Vrystaat voorgekom het, een plaasaanval wat voorkom is en munisipale beamptes wat deur boere vasgetrek is nadat hulle vee gesteel[...]
Veediewe brand los op boere en die Polisie
Die veediewe wat vroeg Woensdagoggend 16 November op twee boere asook op Polisiebeamptes in die omgewing van Bothasberg naby Kestell in die Oos-Vrystaat losgebrand het, word steeds gesoek. Die een boer het Dinsdagaand ligte in die veld opgemerk terwyl hy na sy vee omgesien het, wat deur ’n jakkals[...]
35 arrestasies aangeteken tydens blou/witlig operasie
’n Totaal van 35 arrestasies is aangeteken na ’n provinsiale blou/witlig operasie in die Vrystaat op 27 Oktober 2016. Tydens die operasie is 11 boetes ook uitgereik, en verskeie voorvalle van veediefstal en diefstal van koper kabel is in die Clocolan en Excelsior-distrikte voorkom. Boere van Vredefort het ook[...]
Plaasaanval op Heilbron afgeweer
’n Plaaswerker en boere van die Heilbron-distrik het ’n winkeleienaar, Kerry Moody, op die plaas Vyandsvlei te hulp gesnel om ’n moontlike plaasaanval af te weer. Volgens inligting aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar gerapporteer, het die werker op pad werk toe vreemde mans rondom sy werkgewer se huis gewaar. Hy[...]