Categories: NewsPublished On: 4th November 2016

35 arrestasies aangeteken tydens blou/witlig operasie

By 1 min read
247 words
Vrystaat Landbou

vrystaat-landbou-logo-275×275

’n Totaal van 35 arrestasies is aangeteken na ’n provinsiale blou/witlig operasie in die Vrystaat op 27 Oktober 2016. Tydens die operasie is 11 boetes ook uitgereik, en verskeie voorvalle van veediefstal en diefstal van koper kabel is in die Clocolan en Excelsior-distrikte voorkom. Boere van Vredefort het ook aangedui dat geen sake van veediefstal na die operasie aangemeld is nie, terwyl ’n toename in veediefstal gewoonlik in die laaste week van die maand in die omgewing aangeteken word.

Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se statistiek het 1007 boere met 705 voertuie aan die operasie deelgeneem, terwyl 181 Polisiebeamptes met 89 voertuie deelgeneem het. Die lessenaar sê met talle boere wat begin het om te plant na die eerste reëns in die provinsie, het operasies ook op ander aande plaasgevind sodat almal kon deelneem.

Die clusters waar die beste deelname aangeteken is, is Thabong, Welkom en Kroonstad. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, bedank elke boer en Polisiebeampte vir sy of haar deelname. Hy bedank ook elke boer vir die opoffering van hul tyd/voertuie/brandstof om hulle gemeenskappe se veiligheid te bevorder. Dit was die vierde provinsiale blou/witlig operasie wat die jaar gehou is, en verbeteringe in terme van misdaadvoorkoming en samewerking tussen boere en die Polisie kon al in talle gebiede gesien word.

Die arrestasies aangemeld kan soos volg gelys word:

Veediefstal – 2 arrestasies

Diefstal – 4 arrestasies

Alkohol verwante misdade – 23 arrestasies

Besit van gesteelde eiendom – 6 arrestasies

Boetes uitgereik – 11

Bron: VKB/VL veiligheidslessenaar

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0