skaapboerdery
Kanna Industries wys vernuwende woltoerusting by NAMPO
Begrip vir boere en slim tegnologie-oplossings is kernkenmerke van Kanna Industries. Dit is weer deeglik by NAMPO bewys met Kanna se reeks robuuste en doeltreffende woltoerusting. Met 'n fokus op die unieke uitdagings van plaaslike wolboerdery, het Kanna se teenwoordigheid by die skou boere die geleentheid gebied om eerstehands[...]
Winsgewende skaapboerdery deel 29: Voerkraalafronding van lammers
'n Nuttige strategie om risiko in landbou te beperk is diversifikasie. In hierdie verband behoort voerkraalafronding 'n integrale deel van 'n skaapboerdery uit te maak om die risiko te verlaag. Winsgewende afronding van lammers verg egter kundigheid en goeie bestuur. Die skaapboer moet voortdurend uitdagings oorwin om sy onderneming[...]
Winsgewende skaapboerdery deel 28: Afronding op groenweiding
Weens die hoë insetkoste, veral as gevolg van ՚n hoë mielieprys en stygende oliekoekpryse, asook vleispryse wat nie tred hou met kostestygings nie, vind boere dit al hoe moeiliker om speenlammers winsgewend in voerkrale af te rond. Die afronding van diere op groenweiding is ՚n alternatiewe produksiestelsel, maar dikwels[...]
Winsgewende skaapboerdery deel 27: Benut jou oesreste
Oesreste is ՚n waardevolle voedingsbron vir herkouers. Met die uitdagings wat boere in die gesig staar, moet grond, weiding, vee en oesreste ten volle benut word om winsgewendheid te verseker. Die natuurlike weiding in die oostelike dele van Suid-Afrika bestaan uit suurgras wat baie goeie voedingswaarde in die somer[...]
Winsgewende skaapboerdery deel 26: Oordeelkundige terminale kruisteling sit wins in jou sak
Slim terminale kruisteling van wolskaapooie met witwolvleisramme verbeter die winsgewendheid van wolskaapboerdery, omdat die basterkrag produksie verhoog. Oordeelkundige kruisteling word beskou as 'n stelsel waar vir voldoende vervangingsooie voorsiening gemaak word sodat die gevaar nie bestaan dat 'n suiwer geteelde wolskaapkudde tot niet kan gaan of die skeersel met[...]