InteliGro
Data alleen is nie genoeg nie: Produsente het insig en mense nodig vir beter besluite
Van weerdata en klimaatinligting tot plaaslike proewe en gronddata: Die vraag hoe produsente data kan gebruik om doeltreffender besluite te neem, het onlangs op meer as een landbouplatform onder die soeklig gekom. Die hoeveelheid weer- en landboudata wat vandag beskikbaar is, is groter as ooit. Die vraag is egter[...]
Van Studebaker-aartappels tot presisielandbou: Volhoubaarheidslesse uit die sandveld
Boerdery in die Sandveld gaan oor aanpassing. Namate die streek se klimaat na ’n halfwoestyn verander, sal boere toenemend moet leer om saam met die plante, diere en mense van wie hulle afhanklik is, te boer, sê SW van Zyl van Sandveld Aartappels, die 2026 Syngenta Nasionale Aartappelboer van[...]
Die stille opbrengsdief: Waarom produsente stresbestuur in ‘n tyd van weeruiterstes moet herdink
Van 45 °C-hitte wat sitrusboorde in Citrusdal verskroei tot swaar reën wat vrugset in tafeldruifwingerde ontwrig, raak Suid-Afrikaanse produsente al hoe meer vertroud met een van die grootste uitdagings van moderne landbou: weeruiterstes wat gewasse onder erge fisiologiese stres plaas. Hoewel plaag- en siektebeheer steeds baie aandag kry, het[...]
Doolhof-ervaring by NAMPO verken geïntegreerde landbou-oplossings – in die grond, by die wortel én op die plant
“Die genetika moet kan presteer wanneer toestande goed is, maar ook wanneer die seisoen moeiliker raak,” sê Gerrie Ludick, tegniese bemarkingspesialis en rygewaskenner by InteliGro, wat vanjaar sy 46ste NAMPO bywoon. Met produsente wat reeds vir nóg ’n onsekere seisoen beplan – te midde van wisselvallige weerpatrone, klimaatsdruk, stygende[...]
Croplan-witmielie na uitgebreide plaaslike proewe in SA bekendgestel
’n Internasionaal gevestigde saadhandelsmerk betree nou die Suid-Afrikaanse mark nadat kultivars oor verskeie seisoene onder plaaslike toestande getoets is. InteliGro het aangekondig dat die saadhandelsmerk Croplan® – wat wêreldwyd met hoëprestasie-genetika en uitgebreide proefdata geassosieer word – nou ook plaaslik bekendgestel word. Die eerste kultivar in die reeks is[...]