SAAI
Saai verteenwoordig familieboere in sigaretverbodsaak
Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboerderye verteenwoordig, verskyn op 5 en 6 Augustus 2020 namens boere en plaaswerkers in die Wes-Kaapse Hooggeregshof om die regering se regulasies op die verbod op wettige tabakverkope ongrondwetlik en ongeldig te laat verklaar. Die saak sal aangehoor word saam met nege ander[...]
Gaan jag!-veldtog: Saai moedig mense aan om jagbedryf te ondersteun
Die COVID-19-regulasies het die reeds brose Suid-Afrikaanse ekonomie verder verswak. Hoewel boerderye met sake kon aangaan, het die ontwrigting van markte soos die restaurant- en kantienbedryf en die informele sektor baie produsente in ’n finansiële verknorsing gelaat. Tabak‑, wyn- en wildboere is in die moeilikheid en kontantvloeikrisisse staar veral[...]
AfriForum en Saai beplan versetpatrollie in reaksie op teenstand teen buurt- en plaaswagbedrywighede
Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai sal enige teenstand beveg vanuit staatsgeledere teen buurt- en plaaswagte wat wettige bedrywighede hervat. Dié organisasies moedig buurtwagte aan om patrollie te ry, ten spyte van voorvalle van teenkanting wat by die organisasies aangemeld is. AfriForum en Saai sal ook regshulp bied[...]
Saai wen saak vir voëlboere
Saai, ’n organisasie wat na die belange van familieboere omsien, het vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sukses behaal met ’n dringende hofaansoek om die uitvoer van voëls na buitelandse markte toe te laat. “Saai het hierdie aansoek ingedien en hoewel vlak 4-regulasies die uitvoer van alle landbougoedere ingevolge[...]
Taakspan gaan volstoom voort om voedsel te versprei
Die taakspan wat deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo’s-projek gestig is, het vandag meer as tien ton sitrusprodukte by 20 tehuise in die Pretoria-omgewing afgelewer, ten spyte van pogings deur die regering om die verspreiding van voedsel te[...]