SAAI
Reisvereistes vir familieboere tydens vlak 4-inperking
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het op 29 April 2020 die aangepaste regulasies aangekondig oor vlak 4-inperking wat op 1 Mei 2020 in werking tree om COVID-19 te help bestry. Artikel 16 van die gewysigde regulasies (GG No. 43258) bepaal (eie vertaling): Elke persoon[...]
Registrasie by CIPC ’n kopseer vir familieboere
Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboere verteenwoordig, is die afgelope week oorval met oproepe van gefrustreerde familieboere wat verhoed is om verby padblokkades te reis omdat hulle nie Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC)-sertifikate het wat hulle as noodsaaklike diensverskaffers identifiseer nie. Regulasies ingevolge die Wet[...]
Aanlyn aansoekplatform vir CADS-fonds nou beskikbaar
Saai – ’n organisasie wat na die belange van familieboere omsien – het ’n aanlyn platform geskep wat kleinskaalboere wat finansiële nood ervaar in staat stel om aansoek te doen vir fondse vanuit die COVID-19-landbourampondersteuningsfonds (CADS-fonds). Aansoeke vir die fonds het op 8 April 2020 geopen en sluit op 22 April 2020. Thoko[...]
Saai verwelkom hulp aan boere; meer begrip egter nodig
Deur dr.Theo de Jager Enige hulp aan boere tydens die staat van inperking moet verwelkom word. Daar bestaan tans ’n persepsie dat die landboubedryf ongehinderd met sy sake kan voortgaan, omdat landbou uitgesluit is van die streng inperkingsmaatreëls. Dít is egter nie waar nie. Heelwat van die landbouwaardekettings is[...]
Saai verkry dringende regsmening oor voortgesette wynproduksie
Die regering se inperkings op ondernemings weens die Covid-19-pandemie het familieboere in die wynbedryf met groot onsekerheid gelaat. Daar is wyd gespekuleer dat dit dalk onmoontlik sou wees om druiwe-oeste in te win en in kelders te verwerk. ’n Hele seisoen se opbrengs sou potensieel verlore kon gaan. Saai[...]