SAAI
Saai verskaf platform vir reisdokumente tydens COVID-19-inperking
Saai, die organisasie vir familieboere, het ’n webgebaseerde platform vir familieboere en hulle werkers geskep waar noodsaaklike reisdokumente wat tydens die verpligte 21 dae lange COVID-19-inperking benodig word, opgelaai kan word. Landbou- en voedselvoorsieningverwante operasies, insluitend boerdery-, veeartsenykundige en plantegesondheiddiensverskaffers, plaagbeheerdienste, en chemiese en kunsmisverskaffers is geklassifiseer as noodsaaklike[...]
Volgehoue voedselproduksie is die pad na oorlewing in kwarantyn
Saai, die organisasie vir familieboere, verwelkom die regering se ferm optrede om die koronavirus te stuit, maar bestudeer nog die maatreëls wat die president aangekondig het om die potensiële implikasies vir boerderye te bepaal. Saai verwelkom veral die uitsondering van voedselproduksie en -verspreiding in die opskorting van ekonomiese bedrywighede.[...]
Doeltreffende besteding is belangriker as groter inkomste
Na aanleiding van gister se begrotingsrede is Saai skepties oor die klein begroting om grondeise te finaliseer. Tito Mboweni, minister van Finansies, het gister genoem dat R500-miljoen vir die finalisering hiervan begroot is. Volgens Theo de Jager, Saai se direksievoorsitter, is daar baie meer plase onder onafgehandelde grondeise in[...]
SA het ’n plaasaanvalepidemie; boere egter meer weerbaar
Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboerorganisasie Saai het tydens ’n mediakonferensie AfriForum se 2019-statistieke oor plaasaanvalle en ‑moorde bekendgestel en bespreek. Vanuit die data wat AfriForum oor dié kwessie ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, maar die hoeveelheid plaasmoorde het[...]
Saai dien klagtes in ná buitensporige staatspensioenfondstransaksie
Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het vandag namens een van hul lede klagtes by die Brooklyn-polisiestasie ingedien nadat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) R586,5 miljoen betaal het vir ’n 60%-aandeel in ’n stuk landbougrond van 1 028 ha. Die lid van Saai, Jaco Engelbrecht, is ’n[...]