Namibiërs juig oor reën, Hardap kry water

472385131_10164513217840828_202755535159293722_n
Skilpad drink water by ‘n reenwaterpoel in Namibia. (Bron: https://www.facebook.com/photo?fbid=10164513217835828&set=g.578363519671236)
Die Hardapdam naby Mariental in Namibië was vanoggend 6 Januarie om 09:00 14,8% vol, volgens ‘n inskrywing op Namibië Reënval se Facebookblad. Sondagaand het dit op 11,08% gestaan en die water loop steeds in.
Die dam in die Visrivier in die Hardapstreek in Sentraal-Namibië se krane is einde Oktober verlede jaar vir die eerste keer sedert dit in 1963 gebou is toegedraai.
Die Namibiese Agri Monitor het Maandagoggend op Facebook berig dat die damvlak Sondag om 08:00 op 8,6% gestaan het. Teen 10:00 was die vlak op 9,5%, teen 14:00 was dit 11% vol, en teen 18:00 het dit tot 11,8% gestyg.
Die dam het ‘n kapasiteit van 320 miljoen kubieke meter en ‘n oppervlakte van
25 km 2 (2 500 ha). Buiten besproeiingswater, voorsien die dam in die Visrivier ook
Mariental en die omliggende nedersettings van drinkwater.
Volgens Agri Monitor jubel Namibiërs oor goeie neerslae wat sedert 3 Januarie veral in droogtegeteisterde gebiede die hoop laat opvlam het vir ‘n goeie reënseisoen.
Veral in die suide van die land is boere het boere die afgelope paar jaar swaargekry onder die erge droogte. Die volgende bemoedigende reënvalsyfers is deur Henriette la Grange, wat aan die stuur van Droogtehulp Namibië staan, gedeel.
Narris noordoos van Mariental 50 mm; Mariental-dorp 21 mm, Uitkoms 26km oos van Aranos 44 mm; Swartwater 30km oos van Aranos 43 mm; Leonardville-dorp 26mm; Geikous 18 mm en Alabama 27 mm; Marella 40 mm; Schneider-Oos 24 mm, Morester 22 mm; 68km suidoos van Gochas 16 mm; Mariental-bodorp 49,5mm; Aranos 16 mm; Groot Karasberge tussen 26-50mm; Nuwerus 6mm; Mariental-dorp 30 – 49,5mm; Hardapskema suid van die melkplaas 53 mm; Narris 18 km uit Mariental op Stamprietpad 50 mm.
In die Otavi-omgewing is die volgende syfers aangeteken: Onjima 85mm; Middelpos 55 mm; Hannelie-pos 60 mm; Sinkpos 30mm; Grenspos ; Olifanthek 95mm; Rooidraai 95 mm; Kudu-hek 45 mm en Mopani .
Die Namibiese weerdienste het die moontlikheid van swaar neerslae in Khomas, Omaheke en Otjozondjupa voorspel.
Bronne: https://www.facebook.com/AgriMonitornmh en https://www.facebook.com/groups/578363519671236