Mertoun Dormers: Goeie genetika, streng seleksie in ekstensiewe omstandighede

WhatsApp Image 2021-12-03 at 10.24.34
Die plaas Mertoun is geleë 10km vanaf Rhodes, in die Suidelike Drakensberge van die Noordoos Kaap, ongeveer 6km van die Lesotho grens. In hierdie berge word sedert 1988 kommersieël met Dormers geboer.

Die eerste Dormer ooie is aangekoop van die legendariese wyle Basie Vosloo, van Birkhall Dormers, in die Barkly Oos-distrik. Mertoun Dormers se eerste ooie word in 2007 by Stamboek geregistreer wat deur Kobus Church van Leeukop Dormers gekeur is. In 2011 word Mertoun Dormers as ‘n stoet geregistreer (met ons kenteken GH). Stoetooie is aangekoop van Leeukop Dormers, Johanri Dormers, Jabu Dormers en 2 Broers.
Saad van ramme wat gebruik is vir laparoskopie in die stoet en kudde:
| L00227 | Wilhelm Louw |
| CN0361 | Chris Nel |
| DZ1417 | Droërivier Dormers, Dirk van Zyl |
| DZ1420 | ’n “Dikgat” seun van Droërivier Dormers, Dirk van Zyl |
| JB1417 | “Dapper” ‘n Barnard seun van Kalkvley Dormers, Coleen van der Merwe |
| JH1460 | “Baksteen” ‘n “Dik Piet” seun van Kairos Dormers, Danie Thomas |
| JP1528 | ‘n “Chopper” seun van Welpic Dormers, JP Potgieter |
| JB15119 | “Cruizer” ‘n “Barnard” seun van Kairos Dormers, Danie Thomas |
| JB1683 | “Bombardier” van Hugo Dormers, Schalk en Anelle Hugo |
| JB1684 | “Apollo” van Nova Barletta, Lodi en Chrizelle van Reenen |
| JH 1713 | Kairos Dormers, Danie Thomas. (hierdie ram se Ma is die legendariese JH1491 wat nog as die duurste ooi tans in SA verkoop is) |
Van die ramme wat aangekoop is deur Mertoun Dormers is onder andere:
| JB08180 | Johanri Dormers, Johan Barnard |
| JB08195 | Johanri Dormers, Johan Barnard |
| T11047 | Twee Broers, Tjaart Steenekamp, ‘n “Sambok” seun (JJ0724) |
| JB1576 | Johanri Dormers, Johan Barnard, ‘n “Barnard” seun |
| J18186 | Leeukop Dormers, Cobus en Charles Church, ‘n seun van (J16162) wie se pa (VE13035) is, die legendariese “Coenie” se pa |
JH 18153: DAAN
Hierdie “Cruizer” seun spog met ‘n besondere ma, JH14015, een van Kairos Dormers se top ooie. Dié ram is deur Mertoun Dormers en 2 Broers aangekoop van Kairos Dormers.
“Daan” is die pa van “Oorlog” SL2011, geteel deur 2 Broers, wat vanjaar (2021), gekoop is deur Hatari Dormers, vir ‘n nuwe SA Rekordprys van R350 000 op die Nasionale Dormer Veiling te Bloemfontein!
JB18116: KETTING

“Ketting” is aangekoop van Johanri Dormers op hul produksie veiling in 2021. “Ketting” se pa is JT16062 van Remkuil Dormers, Johannes du Toit. JT16062 se pa is K1397 van Jabu Dormers, Kobus Beyers. “Ketting” se ma is JB1367 ‘n baie besonderse ooi van Johan Barnard, hierdie ooi se pa JB09007 het ook geen bekendstelling nodig nie.
Johan Barnard die teler van die legendariese ramme “Barnard”, “Apollo” en vele ander beskou “Ketting” as een van sy beste ramme óóit! Nie net het die ram ‘n uitsonderlike bouvorm nie maar goeie syfers ook! Wat ‘n voorreg om met so ram te kan teel! Mertoun Dormers is baie opgewonde oor die seuns en dogters wat alreeds gebore is!
Mertoun Dormers is geseënd met Elite en Alpha toekennings deur die jare. Dit is vir ons ‘n groot inspirasie om aangepaste diere te teel en beskikbaar te stel aan kopers regoor Suid Afrika. Die goeie terugvoer van ons ambassadeurs regoor Suid Afrika maak ons nederig trots en dankbaar.
Mertoun Dormers streef daarna om met goeie genetika, streng seleksie in ekstensiewe omstandighede, meer vleis te kan produseer met aanpasbare diere.
Mertoun Dormers bied met trots hul Produksieveiling Saterdag die 5de Maart om 11h00 te Be Human, Bloemfontein aan. Kom geniet die dag saam met ons waar top kwaliteit diere onder die hammer kom. Daar sal diere wees van verskeie bloedlyne en top genetika. Indien jy ‘n top kruisteel- of stoetram soek is dit die plek om te wees. Daar sal ook stoet ooie dragtig van Daan en Ketting aanebied word asook saad van Ketting. Moenie uitmis nie!

Kliek op die onderstaande skakels vir meer inligting:



