Gebruik EasyWean® NeusRinge® vir vanjaar se kalf- en speenseisoen

DSCN1194-final-edit-scaled
Suid-Afrika se kalfseisoen is om die draai. Vanaf November is boere druk besig om koeie vir die seisoen voor te berei. Maar wat gemaak wanneer die velde vol kalwers is? Boere kan nie die seisoen ingaan sonder om voldoende voor te berei nie.
Die korrekte hulpmiddels om gesonde kalwers groot te maak en hulle op die regte tyd te speen, is van uiterste belang. Dit is waar die EasyWean® NeusRing® ter sprake kom: dit is ’n betroubare manier om jou kalwers gesond en veilig te speen, nie net eenmalig nie, maar gedurende elke seisoen.
“Die neusring hou vir my baie voordele in. Die koeie en kalwers speen baie makliker, met bitter min skok of stres. Hulle verloor geen gewig tydens speen nie. Hul gewig kan dalk vir ’n week of twee stilstaan, maar dit gebeur baie min. ’n Mens moet onthou dat ’n koei in ’n somerkalfseisoen tot 20 kg tydens speen kan verloor,” verduidelik Leo Roets, ’n beesboer in die Piet Plessis-omgewing in Noordwes.
Daarmee weet boere reeds dat hul kalfseisoen soveel beter kan verloop wanneer hulle op die EasyWean® NeusRing®-stelsel vertrou. Wat EasyWean® NeusRinge® juis so spesiaal maak, is dat dit herbruikbaar is. Boere sal dalk aanvanklik meer moet aankoop wanneer hulle meer kalwers moet speen, maar kan elke seisoen met dieselfde voorraad begin.

EasyWean® NeusRinge® aan kalwers wat reeds van hul moeders geskei is.
Maklike speen vir elke seisoen
Klein- en grootskaalse boere kan hul boerderye beter bestuur wanneer hulle op EasyWean® NeusRinge® vertrou. Daar is talle voorbeelde hiervan, soos J.P. van den Berg, wat ’n grootskaalse boerdery in Mosita in Noordwes bedryf, getuig.
“Die neusring is vir my ’n bestuursmiddel soos enige ander hulpmiddel, byvoorbeeld jou weegskaal of vlotterklep. Dit stel personeel in staat om kalwers te speen, selfs wanneer iemand alleen werk. Die grootte van die kudde laat nie toe dat ek by elke proses betrokke is nie, en daarom maak ek staat op hulpmiddels soos die neusring om take soos speen te vergemaklik.”
Hy verduidelik verder dat die neusringe ná speen maklik geberg kan word: behandel dit met smeermiddel en stoor dit veilig. Dit motiveer personeel om verliese te voorkom. “Die neusringe gee kalwers die geleentheid om binne 14 tot 21 dae rustig van melk af te speen terwyl hulle nog saam met hul moeders is.”
Dit beteken daar is geen risiko dat die diere drade breek nie, want die kalwers bly kalm en rustig by hul moeders. Dit bevorder ook selfstandigheid: wanneer die kalwers van hul moeders weggeneem word, bly hulle steeds rustig, want, vanwee EasyWean® Neusringe® is hulle nie meer afhanklik van hul ma’s nie.
“Die einddoel is om die kudde daagliks te bestuur sonder om hulle te hinder. Stres word in produksiesyfers weerspieël, en met onvoorspelbare markte is die risiko te groot om te vroeg te besluit wanneer om te speen. Ek speen die kalf langs sy ma en gevolglik is almal tevrede,” sê J.P..
Vir meer inligting, skakel (+27)82-459-9451, stuur ’n e-pos aan Judy Vercueil by judy@wholeconcepts.co.za, of besoek www.nosering.co.za