Wisselvallige 2026-natseisoen: Is jou lekprogram steeds voldoende?

NAM08969
Die 2026-natseisoen lyk na verwagting wisselvallig, met warm, droë toestande wat reeds druk op weidings plaas. Hoewel baie boere begin oorskakel het na P6-lekke, sukkel weidings tans in sekere gebiede om voldoende voedingstowwe aan diere te voorsien. Dit laat die vraag ontstaan: Is ’n P6-lek hierdie seisoen genoeg om voldoende voedingstowwe aan jou vee te verskaf?
Met die moontlike invloed van El Niño en ’n warm somer in die vooruitsig, kan tradisionele lekprogramme dalk nie in alle omstandighede aan kuddes se voedingsbehoeftes voldoen nie. Afhangende van die gehalteweiding en die diere se behoeftes (bv. dragtig, groei, laktasie), kan dit nodig wees om tydelik na ’n oorgangslek terug te skakel waar nie net fosfaat nie, maar ook ’n klein hoeveelheid proteïene aangevul word.
Fosfaat bly belangrik, maar wanneer weidingsgehalte en beskikbare voeding onder druk is, is fosfaataanvulling alleen moontlik nie voldoende nie. Yara Animal Nutrition se Phospro 17 en KimtraPro 20 bied alternatiewe wat, behalwe fosfaat, ook proteïene en noodsaaklike spoorminerale aanvul. Vir die boer wat verkies om self te meng, verskaf Yara Animal Nutrition ook opsies in Tabel 1 om oorgangslekke te meng:
Tabel 1: Oorgangslekke vir beeste en skape.
| Grondstof | Oorgangslek met P12 | Oorgangslek met Selfmix 100 | |
| Beeste | Skape | ||
| Kimtrafos 12 Grande/PhosSure 12 | 250 | 350 | 350 |
| Selfmix 100 | – | 150 | 150 |
| Sout | 200 | 500 | 450 |
| Voergraad Ureum | 50 | – | – |
| Oliekoek | – | – | 50 |
| Geraamde Samestelling (As is-basis) | |||
| Proteïen % | 28,728.7 | 15,0915.09 | 17,0 |
| P % | 6 | 4,65 | 4,7 |
| Inname Beeste (g/bees/dag)
Inname Skape (g/skaap/dag) |
200-300
20-30 |
350-450
– |
–
30-50 |
Elke plaas se omstandighede verskil, en daarom is ’n een-grootte-pas-almal-benadering nie noodwendig die beste oplossing nie. Moenie net aanvaar jou huidige lekprogram is steeds voldoende nie, evalueer jou weiding en voeding betyds om jou diere se behoeftes deur dié wisselvallige seisoen te ondersteun.
Besoek www.yara.co.za en kontak die tegniese adviseur in jou area vir raad en ’n pasgemaakte lekprogram wat by jou plaas, weidingstoestande en kudde se behoeftes pas.