Uitstekende Brahman-genetika op Au Albidus en Gasverkopers se 9de produksieveiling te koop

au albidus Screenshot 2026-10-08 134021
Au Albidus, ’n vooraanstaande Brahmanstoet, het ’n groot passie vir uitnemendheid in veeteelt, daarom spesialiseer hulle in beide stoet- en kommersiële Brahmane en lewer hulle diere wat bekend is vir hul uitstekende genetika, gehardheid en produktiwiteit.
Moenie Au Albidus en Gasverkopers se 9de Produksieveiling op 24 Oktober 2026 om 11:00 te Warmbad Veemark misloop nie.
Hulle fokus op selektiewe teelprogramme wat eienskappe soos hitteverdraagsaamheid, siekteweerstand en hoë vleisgehalte beklemtoon. Dit is eienskappe wat Brahmane ’n ideale keuse vir uiteenlopende boerdery-omgewings maak. Au Albidus se kudde bestaan uit topgehalte wit en grys Brahmane wat sorgvuldig geselekteer word.
Op aanbod:
- 20 bulle
- 30 vroulike stoetdiere
- 190 vroulike kommersiële diere
Al die beskikbare Brahmane is ingeënt teen bek-en-klouseer.
Hoekom staan Brahmane uit as die ideale keuse vir jou plaas?
Ekonomiese doeltreffendheid
Die doeltreffende benutting van ekstensiewe weiding verminder finansiële insette, omdat Brahmane alle soorte veld benut.
Verlengde bemarkingsperiode
Kom in aanmerking vir A- en AB-grade tot op die ouderdom van 32 maande.
Parasietweerstandigheid
Die gladde haarkleed, los vel, swart pigmentasie en afskeiding van olies deur die oliekliere help om parasiete doeltreffend te beheer.
Langlewendheid
Brahmane bly tussen 15 en 18 jaar produktief, wat ’n bewys is van hul gehardheid en goeie gesondheid.
Gehardheid
Hulle presteer en reproduseer onder uiters strawwe omgewingstoestande.
Maklike kalwing
Koeie beperk die groei van die fetus voor die geboorte, wat tot ’n laer geboortegewig lei. Hul kenmerkende skuins kruis vergemaklik die kalwingsproses.
Hitteverdraagsaamheid
Hul swart gepigmenteerde vel, kort, dik en glansende haarkleed, volop los vel en vermoë om vrylik te sweet, dra grootliks by tot hul uitstekende hitteverdraagsaamheid.
Kontakbesonderhede:
Bemarker:
Carel Chalmers: 082-8969-586
Afslaer:
Mike Killassy: 082-3788-112