Alles wat jy moet weet van effektiewe houtbehandeling

4
LCTT verkry hulle vanaf hul eie plantasies en strategiese verskaffingsvennote.
Behandelde hout hou baie langer as onbehandelde hout, en die regte behandeling hang af van wat jy met die pale wil doen. By Low’s Creek Treated Timber (LCTT) in Nelspruit droog ons eucalyptus- en dennepale eers in ons eie droog-oonde en behandel dit dan onder druk met koper-chroom-arseen (CCA) of kreosoot.
Beide werkswyses beskerm hout teen verrotting, swamme en insekte soos termiete. Die verskil is die preserveermiddel se chemiese en fisiese eienskappe, en hoe dit by jou projek en teikenmark gaan inpas. Alles wat jy moet weet ten opsigte van verskeie chemikaliese behandeling word hieronde uiteengesit.

Hout pale is gestapel en reg o in die druksilinder in te gaan vir CCA behandeling.
CCA-behandeling: skoon, veelsydig en volgens SANS spesifikasies behandel
Koper-chroom-arseen (CCA) is ‘n watergebaseerde preserveermiddel wat hout teen verrotting, swamme en houtboorders beskerm. Dit word met ‘n vakuum-drukproses (die Bethell-proses) toegepas, sodat die chemikalieë diep in die hout gepenetreer word in plaas van net ‘n oppervlakkige bedekking.
Die voorbereiding en behandelings proses is soos volg:
- Droging: Die hout word in die stapelwerf of in een van ons vier droogoonde gedroog. Die voginhoud word gemonitor volgens aangeduide spesifikasies voordat behandeling kan begin. Hoë voginhoud veroorsaak dat penetrasie en retensie nie kan plassvind nie.
- Voorbereiding: Alle voorbereiding van onbehandelde “wit” hout soos boor van gate, skaafwerk of enige ande klient vereistes moet gedoen word voor behandeling, om sodoende te vir seker dat alle “wit” hout wel behandel kan word.
- Vakuum: Die onbehandelde pale gaan in ‘n druksilinder in, en word daar ‘n vakuum getrek van +/- -75 Kpa. Die vakuum veroorsaak dat die houtselle oopmaak en dit lei tot spasie vir die chemikalieë.
- Druk: Die silinder word met die CCA-oplossing gevul en deur ‘n hoë druk word die regte hoeveelheid chemikalieë in die hout ingeforseer teen 9 Kpa. Die proses word gedoen om die retensie te bepaal.
- Herwinning: Die oortollige oplossing word teruggepomp en ‘n kort finale vakuum word weer gedoen om die pale te droog en oortollige chemikalieë te verwyder.
- Binding: Tydens die rusperiode bind die chroom die koper en arseen chemies in die houtselle. Die koper is die primêre swamdoder en die arseen beskerm teen koperweerstandige swamme en houtboorders. Daarna is die chemikalieë onoplosbaar in water en kry die hout sy kenmerkende liggroen kleur.
CCA-pale is geskik vir omheinings, wingerd- en vrugteboordtrellise, netstruktuur-ondersteuning, padteken- en vangrailpale, dakkappe, plafonlatte en ander buitetoepassings. Dit kan aanbeveel word vir binnenshuise gebruik, speelparke of oppervlaktes. Moet nooit CCA-hout brand nie, want die rook kan giftige gasse afgee.

Hout pale word uit die Kreosoot droogoond gehaal.
Kreosootbehandeling: swaardiens-beskerming teen weer en vog
Kreosoot is ‘n olieagtige preserveermiddel wat honderde aromatiese koolwaterstofverbindings bevat. Dit is giftig vir swamme en houtvernietigende insekte soos termiete en boorwurms, en omdat dit nie in water oplos nie, seël dit die hout ook teen vog.
Die voorbereiding en behandelings proses is soos volg:
- Droging: Die hout word in die stapelwerf of in een van ons vier droogoonde gedroog. Die voginhoud word gemonitor volgens aangeduide spesifikasies voordat behandeling kan begin. Hoë voginhoud veroorsaak dat penetrasie en retensie nie kan plaasvind nie.
- Voorbereiding: Alle voorbereiding van onbehandelde “wit” hout soos boor van gate, skaafwerk of enige ande klient vereistes moet gedoen word voor behandeling, om sodoende te vir seker dat alle “wit” hout wel behandel kan word.
- Vakuum: Die onbehandelde pale gaan in ‘n druksilinder in, en word daar ‘n vakuum getrek van +/- -75 Kpa. Die vakuum veroorsaak dat die houtselle oopmaak en dit lei tot spasie vir die chemikalieë.
- Druk: Die silinder word met die CCA-oplossing gevul en deur ‘n hoë druk word die regte hoeveelheid chemikalieë in die hout ingeforseer teen 9 Kpa. Die proses word gedoen om die retensie te bepaal.
- Herwinning: Die oortollige oplossing word teruggepomp en ‘n kort finale vakuum word weer gedoen om die pale te droog en oortollige chemikalieë te verwyder.
- Binding:. Kreosootpale het ‘n donkerbruin of swart kleur, ‘n olierige afwerking en ‘n sterk teerreuk. Dit is ons keuse vir transmissiepale (elektrisiteit en telekommunikasie, volgens SANS 754) en robuuste landbou-omheinings. Kreosoot bevat verbindings wat as potensiële menslike karsinogene geklassifiseer word, en die gebruik daarvan word streng gereguleer. Pale mag nie binnenshuis gebruik of verbrand word nie.

Hout nadat dit met Kreosoot behandel is.
CCA of kreosoot: watter een pas by jou projek?
Kies CCA vir skoon, veelsydige buitetoepassings. Kies kreosoot waar langtermyn-weerbestandheid en waterdigtheid belangriker is as voorkoms.
| CCA | Kreosoot | |
| Voorkoms | Liggroen | Donkerbruin of swart |
| Reuk | Feitlik reukloos | Sterk teerreuk |
| Oppervlak | Skoon en droog, kan geverf word | Olierig of taai, kan bloei in hitte, kan nie geverf word nie |
| Sterkpunt | Goeie beskerming teen swamme en insekte | Uiters waterdig, bestand teen verwering en beweging |
| Let op | Seëlmiddel help om krake te voorkom | Streng gereguleer, sterk reuk |
| Tipiese LCTT-gebruik | Boupale, omheinings, wingerd- en vrugteboordtrellise, netstrukture, padteken- en vangrailpale | Transmissiepale vir elektrisiteit en telekommunikasie, swaar landbou-omheinings |
Die toepassing bepaal die spesifikasie: SANS 754 vir transmissiepale, SANS 457 en 1288 vir bou- en omheiningspale, en SANS 457 vir wingerd-, vrugteboord-, padteken- en vangrailpale. Ons vlagskipproduk, SANS 457 H5, is ontwikkel vir net-, wingerd- en ander buitetoepassings. Dit het 30% ekstra chemiese retensie, 25% sapwood-indringing en spykerplate aan albei punte van die paal vir langer lewensduur.

Hout word op die werf vervoer.
Waarom LCTT?
LCTT het binne die hart van Suid-Afrika se belangrikste houtverbouingsgebied vinnig gegroei tot een van Afrika se toonaangewende paalbehandelingsaanlegte.
- Kapasiteit: Vier droogoonde, 2 kreosootsilinders en 1 CCA-silinders gee ons die vermoë om meer as 8 000 m³ hout per maand te produseer.
- Standaarde: Ons aanleg voldoen aan ISO 9001:2015 en die SANS-spesifikasies 457, 754 en 1288. Elektroniese prosesbestuur monitor en rapporteer elke stap van die behandeling.
- Eie grondstof: Ons het toegang tot hout uit ons eie plantasies en strategiese verskaffingsvennote, so ons kan behandelde of onbehandelde pale lewer wat by jou behoeftes pas.
- Ligging: Ons lê langs die N4 en naby Maputo-hawe, en kan klante in Suid-Afrika sowel as Suider- en Oos-Afrika doeltreffend en koste-effektief bedien.
- Waardetoevoeging: Ons boor gate, sny gleuwe (slab-gaining), draadbind, sny paalpunte (plat, skuins of gewel), plaas paalkappies en bied spesiale etikettering en identifikasiemerke.
Ons klante sluit nasionale elektrisiteits- en telekommunikasienutsmaatskappye, provinsiale en streeksregeringsentiteite, sleutelklaar-installasiemaatskappye, landboukoöperasies en onafhanklike herverspreiders in.

Die hout is behandel en reg om na die kliënt toe te gaan.
Praat met ons span
Wat ook al jou houtbehoeftes is, LCTT het die regte oplossing. Besoek www.lctt.co.za vir produkafmetings en spesifikasies, of kontak een van ons spesialiste om te hoor watter behandeling die beste by jou projek pas.
Transmissiepale: deysel@lctt.co.za · 083 442 4436
Bou- en omheiningspale: sharon@lctt.co.za · 082 838 0971
Upington (streeksverkope): harlie@lctt.co.za · 071 600 6911
Algemene navrae: info@lctt.co.za · 013 710 0933/4