Nuwe rekord opgestel by Vlakte Bonsmara se 17de bulveiling

Veiling (20)jpeg
Vlakte Bonsmara se 17de bulveiling, wat op 16 Oktober 2026 plaasgevind het, het weereens bewys dat goeie genetika en sterk vennootskappe tot groot sukses lei. Die veilingsaal was in ’n feestelike stemming toe ’n nuwe rekord vir Vlakte Bonsmara se veiling opgestel is.
Lot 14, TKB 230337, het sy plek in die rekordboeke verseker toe dié bul van Tian Kruger Boerdery vir R1,1 miljoen aan Blouberg Bonsmaras verkoop is. Douw Steyn, die kuddebestuurder van Tian Kruger Boerdery, sê: “Ek het die bul van kalf af grootgemaak, en dit is besonders om te sien dat hy vandag so goed op die veiling gevaar het.”
Die bul is op 21 Augustus 2023 gebore, maar hy was nie die enigste een wat almal se aandag getrek het nie. Later die dag het Lot 23, TKB 230192, ook van Tian Kruger Boerdery, verkoop is vir R500 000 aan Harcor Boerdery, Hardus de Beer.
Al die bulle, koeie en hul kalwers het goed gevaar by Vlakte Bonsmara se 17de bulveiling.
Duurste bul lotte:
- Lot 8: R380 000 (Verkoper: LFR Bonsmaras – Leon Riekert & Seuns | Koper: Bloubergkom Boerdery)
- Lot 14: R1,1 miljoen (Verkoper: TKB Boerdery – Tian Kruger Boerdery | Koper: Bloubergkom Boerdery)
- Lot 23: R500 000 (Verkoper: TKB Boerdery – Tian Kruger Boerdery | Koper: Harcor Boerdery – Hardus de Beer)
- Lot 48: R300 000 (Verkoper: Kameeldoring Bonsmaras – Andries Kruger | Koper: Anton Vent)
Duurste vroulike lotte:
- Lot 79 Koei met Kalwer: R110 000 (Verkoper: Aldigo Bonsmaras – Jean Gouws | Koper: Innibos Bonsmaras – Jaco & Louw de Wet)
- Lot 85 Koei met Kalwer: R110 000 (Verkoper: LFR Bonsmaras – Leon Rieker & Seuns | Koper: Innibos Bonsmaras – Jaco & Louw de Wet)

Douw Steyn langs Lot 14 wat die nuwe rekordprysbul vir Vlakte Bonsmara is.
Gemiddeldes om oor te spog
Die stoetbulle het teen ’n gemiddelde prys van R122 250 verkoop, met Lot 14 as die duurste bul teen R1,1 miljoen. Die hoogste prys vir die stoetkoeie en kalwers was R110 000, met ’n gemiddelde prys van R82 142.
Namate die verkope gevorder het, het die atmosfeer in die veilingsaal al hoe meer gesellig geraak. Die boere het opgewonde begin gesels oor die moontlikheid van nog sulke bulle. Die gemiddelde pryse van die bulle, koeie en kalwers het gestyg, en daar was talle mededingende bieërs wat om die wenbod meegeding het.
Gemiddelde en hoogste pryse behaal:
- 60 Bonsmara-stoetbulle: hoogste prys R1,1 miljoen; gemiddelde prys R122 250.
- Sewe Bonsmara-stoetkoeie en -kalwers: hoogste prys R110 000; gemiddelde prys R82 142.
- Drie Dragtige Bonsmara-koeie: hoogste prys R70 000; gemiddelde prys R63 333.
- Drie Dragtige Bonsmara-koeie met kalwers: hoogste prys R80 000; gemiddelde prys R71 666.
- 12 Dragtige Bonsmara-verse: hoogste prys R100 000; gemiddelde prys R68 750.
Hoogtepunte van die dag:

Lot 8 se verkoper was LFR Bonsmaras – Leon Riekert & Seuns en het verkoop vir R380 000, aan Blouberg Bonsmaras.

Lot 14 se verkoper was TKB Boerdery – Tian Kruger en het verkoop vir R1,1 miljoen, aan Blouberg Bonsmara.

Lot 23 se verkoper was TKB Boerdery – Tian Kruger en het verkoop vir R500 000, aan Harcor Boerdery – Hardus de Beer

Lot 48 se verkoper was Kameeldoring Bonsmaras – Andries Kruger en het verkoop vir R300 000, aan Anton Venter.