Categories: VeilingsPublished On: 6th November 2026

Au Albidus se 9de produksieveiling was kookwarm

By 1 min read
268 words

bul

Die duurste bul op die veiling was lot 10 wat verkoop is vir R170 000.

Die Au Albidus-groep het op 24 Oktober 2026 sy negende produksieveiling met groot sukses by die Warmbad Veemark aangebied. Die groep se passie vir uitnemende Brahmane was duidelik sigbaar in die stoet- en kommersiële diere wat Au Albidus na die veiling gebring het.

Die groep se diere is bekend vir hul gehardheid, produktiwiteit en uitstekende genetika. Au Albidus se teelprogramme fokus op eienskappe soos hitteverdraagsaamheid, siekteweerstand en hoë vleisgehalte, eienskappe wat Brahmane ’n uitstekende keuse vir boere maak.

Die duurste dragtige vers op die veiling was lot 44 wat verkoop is vir R40 000.

Altesaam 20 bulle, 30 vroulike stoetdiere en 190 vroulike kommersiële diere was op aanbod vir die dag. Van die 18 wit Brahman-bulle wat verkoop is, het Louma Boerdery (Edms.) Bpk. van Thabazimbi die duurste aan Vaalwater Brahmane verkoop. Die gemiddeld behaal vir die bulle op die dag was R65 833.

Die res van die dag se uitslae lyk soos volg:

  • Wit Brahman-koei met kalwer: Duurste R37 500 (Verkoper: Wilbar Brahmane; Koper: Wildebeestfontein Farming (Pty.) Ltd.) | Gemiddeld: R31 950
  • Dragtige wit Brahman-koei: Duurste R27 500 (Verkoper: S69 Brahmane; Koper: G Schoonfeld) | Gemiddeld: R26 250
  • Dragtige wit Brahman-koei met kalwer: Duurste R35 000 (Verkoper: MBS Brahmane; Koper: KS Mokonyama en KK Moloto) | Gemiddeld: R35 000
  • Brahman-vers by bul geloop: Duurste R35 000 (Verkoper: S69 Brahmane; Koper: Dwaalboom (Edms.) Bpk.) | Gemiddeld: R35 000
  • Oop Brahman-vers: Duurste R30 000 (Verkoper: Tambotie Brahmane BK; Koper: Wimpie Seiko (Pty) Ltd) | Gemiddeld: R30 000
  • Dragtige wit Brahman-verse: Duurste R40 000 (Verkoper: Wilbar Brahmane; Koper: Wildebeestfontein Farming (Pty.) Ltd.) | Gemiddeld: R34 000

Au Aldibus wil graag elke koper, verkoper, borg en ondesteuner bedank vir hul vertroue, gehalte en betrokkenheid wat daartoe gelei het dat die negende produskieveiling ’n reusesukses was.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0