The Apiary Project help om die samelewing in balans te bring

ARC-1024×461
Om te boer, behels veel meer as om net saad te saai of diere te voed. Dit vereis dat ’n boer die balans tussen die natuur en die mens verstaan. Een van die belangrikste verhoudings om te begryp, is dié tussen bye en die wêreld waarin ons leef. The Apiary Project is daarop gemik om hierdie noodsaaklike balans tussen die samelewing en bye te herstel.
Die projek, wat in Suid-Afrika gevestig is, bevorder volhoubaarheid, gemeenskapsontwikkeling en uitnemendheid in die bedryf; nie net op plase nie, maar ook binne ondernemings. The Apiary Project versterk maatskaplikebeleggingsinisiatiewe (CSI) en bemagtigingsprogramme wat werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en ekologiese herstel deur byeboerdery bevorder.
Die doel is om werk te skep en byebevolkings regoor die samelewing te versterk. The Apiary Project herstel die deurslaggewende rol wat bye in die alledaagse lewe speel, eerder as om bloot soveel moontlik heuning te produseer. Die projek bevorder ook die welstand van bye deur moderne byeboerderytegnologie te gebruik.
Met die regte insette is dit moontlik om gesonde byebevolkings, volhoubare werk en ’n gebalanseerde verhouding tussen die mens en die natuur te bou. Tans bestuur die projek meer as 300 korwe regoor Suid-Afrika.
Die projek is aktief in die landbou-, onderwys-, natuurbewarings- en ondernemingsontwikkelingsektore.

Elke korf bou aan ’n sterker toekoms.
Opleiding wat kennis versterk
’n Kernaspek van die projek is opleiding wat die bestuur van byekorwe en die ontwikkeling van byeboerdery bevorder. ’n Voorbeeld wat die standaard stel, is die byekorfonderhouds-, bemagtigings- en opleidingsprogram van die Stellcare-projek, waar 500 nuwe korwe opgerig is en 10 byeboere reeds opgelei is om die byekorwe te lewer.
The Apiary Project is ook besig om ’n verdere 10 byeboere op te lei om die gesondheid van die 500 korwe en hul byebevolkings so doeltreffend moontlik te monitor en te versorg. Dit is ’n deurlopende projek met verdere groeipotensiaal.
Nog ’n hoogtepunt van die afgelope twee jaar was die CSI-projek in die Wes-Kaap. Dit het gelei tot die vestiging van 2 500 nuwe produksiekorwe en die skepping van 30 nuwe werksgeleenthede. Die projek duur voort en beloof om nog talle vaardighede in gemeenskappe ontwikkel.
Hierdie projekte is slegs die begin van The Apiary Project se impak op die Suid-Afrikaanse samelewing. Talle ander projekte is reeds landwyd aan die gang, waar die organisasie ondernemings en gemeenskappe help om die balans te herstel.
Hierdie impak word moontlik gemaak deur die verskeidenheid dienste wat beskikbaar is. Dit sluit nie net korfversorging en opleiding in nie, maar ook stedelike en volhoubare byeboerdery-inisiatiewe in samewerking met skole, ondernemings en nieregeringsorganisasies. Só word die voortbestaan van bye in stede en ander gebiede bevorder.
Vir bestaande boere en ondernemings met byekorwe bied The Apiary Project ook byeboerdery-oudits en konsultasiedienste aan. Hierdie oudits verseker dat byebevolkings gesond bly. Waar nodig, help die projek met koninginbyeteelt en genetika om sterker korwe te vestig. The Apiary Project verwyder bye ook veilig en red swerms wat aan die beweeg is.
Hierdie werk versterk byebevolkings in die samelewing en bevorder die gesondheid van die natuur op ’n volhoubare manier.

Gesonde bye, gesonde gemeenskappe.
Op wie The Apiary Project gemik is
Die projek is nie slegs op klein boerderye of beginners gerig nie. Dit is toegerus om groot boere met die bestuiwing van hul plase te ondersteun. Of jy nou met gewasse of vee boer, gesonde plant- en inseklewe op jou plaas is van kardinale belang.
Hoe groter die plaas, hoe belangriker is dit om ’n gesonde byebevolking te handhaaf. Dit help om die balans tussen boerdery en die natuur so gesond moontlik te hou. Wanneer die byelewe op ’n plaas in balans is, kan ander insekte en spinagtiges ook floreer.
Hierdie biodiversiteit help om skadelike insekte, plante en swamme met minder plaagdoders onder beheer te hou. Meer bye ondersteun ook meer voëllewe en versterk die plaas se ekosisteem as geheel. Dit is die balans tussen diere, insekte, plante en ander lewensvorme wat ’n gesonde omgewing skep.
Boere is egter nie die enigstes wat op The Apiary Project se kundigheid kan staatmaak nie. Ondernemings regoor die land kan ’n betekenisvolle bydrae lewer deur byekorwe by hul kantore of pakhuise te vestig.
Hierdie persele sluit dikwels groot gebiede in waar die natuur in balans met menslike bedrywighede moet funksioneer. Bye is ’n doeltreffende manier om plantlewe te versterk én nuwe werk te skep. Elke gesonde korf bied ’n geleentheid en lewer boonop heuning.
Dit spreek byna vanself waarom samewerking met bye noodsaaklik is vir ’n gesonde en volhoubare Suid-Afrikaanse samelewing.
Vir meer inligting, besoek The Apiary Project se webtuiste by www.theapiaryproject.co.za

Waar bye floreer, groei geleenthede.