Categories: NuusPublished On: 26th March 2025

Die geskatte mielie-oes is 13,30% meer as die 2024-oes

By 2 min read
366 words

plants-768687_1920 (2)

Bron: Pixabay

Kommersiële mielies: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 14,559 milj. ton gestel, wat 4,65% of 647 450 ton meer is as die vorige skatting van 13,911 milj. ton. Die oppervlakteskatting vir totale mielies is 2,597 milj. ha terwyl die verwagte opbrengs 5,61 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 13,30% of 1,709 milj. ton groter as die 2024-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 81% van die 2025-oes produseer.

Die produksieskatting van witmielies is 7,695 milj. ton, wat 4,05% of 299 500 ton meer is as die 7,396 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir witmielies is 1,600 milj. ha en die verwagte opbrengs is 4,81 t/ha.

In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,863 milj. ton, wat 5,34% of 347 950 ton meer is as die 6,515 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir geelmielies is 997 000 ha en die opbrengs is 6,88 t/ha.
Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die Konsortium vir die Mpumalanga provinsie, in April 2025 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2025. Die huidige opbrengs syfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.

Ander somergewasse:

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 770 500 ton, wat 7,01% of 50 450 ton meer is as die vorige skatting van 720 050 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 555 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,39 t/ha is.

Ander gewasse:

Die produksieskatting van sojabone is vermeerder met 2,78% of 64 700 ton na 2,390 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 1,151 milj. ha, met ‘n verwagte opbrengs van 2,08 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is op 66 929 ton gestel, wat 2,40% of 1 570 ton meer is as die vorige skatting van 65 359 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 48 125 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,39 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 137 435 ton, wat 6,03% of 7 815 ton meer is as die 129 620 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum het toegeneem na 41 150 ha, en die verwagte opbrengs is 3,34 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 79 007 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is nou 45 620 ha, en die verwagte opbrengs is 1,73 t/ha.

Neem asseblief kennis dat die derde produksieskatting vir somergewasse vir 2025, op 30 April 2025 vrygestel sal word. Die voornemens om wintergewasse te plant vir 2025 sal ook op 30 April 2025 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0