Planters
Jumil laat saadjie tel
Elke saadjie tel. Of jy nou 20 hektaar of 4 000 hektaar plant, die balans tussen jou insetkoste en jou opbrengs moet reg wees, anders maak jou somme nie sin nie.
Kies die regte planter: Plant met 'n plan
'n Goeie geenbewerkingplanter is swaar en stewig om doeltreffend in onbewerkte grond en deur plantreste te plant.
Bepaal jou planttyd met LEMKEN
Of die reën al geval het of nie... as die voorjaar sy lentebors op Oom Paul se verjaarsdag op 10 Oktober uitsteek, word die planters in Langfontein-boerdery naby Wakkerstroom se grond ingesteek. Dit is wanneer BP Greyling begin plant.
Jumil het 'n planter vir jou plaas
Of jy net vier hektaar mielies vir die skapies wil plant, jou pitte deur slangbosreste in die grond wil sit of jou reuse saaiplaas wil omskakel na geenbewerking... Jumil het ’n planter vir jou behoefte.
Terradisc Multiline: Plant gouer, goedkoper en beter
Die gerekende Duitse landboumasjinerievervaardiger, Pöttinger, het pas in sy internasionale nuusbrief ‘n nuwe skotteleg-planter-kombinasie bekend gestel. ProAgri se meganisasiekundige, Buks Barnard, het die masjien bekyk: