Categories: PlantersPublished On: 18th September 2014

Jumil laat saadjie tel

By 3 min read
602 words

Elke saadjie tel. Of jy nou 20 hektaar of 4 000 hektaar plant, die balans tussen jou insetkoste en jou opbrengs moet reg wees, anders maak jou somme nie sin nie.

Van somme weet dr Phillip Theunissen van Daniëlsrus naby Bethlehem so ’n paar dinge. Boere ken hom goed as raadgewer, spreker en skrywer oor onderwerpe soos bekostigbare meganisasie en finansiële beplanning, maar hy boer ook met skape en interessant genoeg, takbokke.

Met sy seun, Ruhan, wat onlangs voltyds by die boerdery betrokke geraak het, is daar ook nou meer geleentheid om die saaikomponent van die boerdery uit te brei.

Die eerste plantseisoen, so vier jaar gelede, wat hulle soja op 20 hektaar geplant het, het hulle die grond eers bewerk en toe was ’n droë somer hulle voorland. Die oes was nie ’n groot sukses nie.

Gelukkig het hulle van die begin af op aanbeveling van boere in die omgewing ’n Jumil 2090-vierrygeenbewerkingplanter aangeskaf. Soos Ruhan sê: “Met so ’n planter kan jy ook konvensioneel plant, maar met ’n konvensionele planter kan jy nie na geenbewerking toe oorskakel nie.” Met die Jumil kan ’n boer kies of hy net die snykouter wil gebruik en of hy ’n tandbewerking wil doen.

Die tweede seisoen het hulle, eintlik hoofsaaklik as gevolg van ’n gebrek aan tyd, die planter net so in die land
ingestoot en, soos Ruhan sê, “nog nooit weer teruggekyk nie.” Die noodoplossing was ’n positiewe stap vorentoe en die Jumil het dit vir hulle moontlik gemaak.

Hy sê hulle het eintlik ’n verbasend goeie oes behaal, want hulle het eers daarna begin om behoorlike grondontledings te doen en om die grondlewe te herstel.

Hulle gee nou baie aandag aan die kaliumen mikro-elementbehoeftes en dien kalk wisselend volgens grondbehoefte toe, maar sal ook graag’n dekgewasstelsel wil instel. Hulle is ook nou deel van die handjievol geenbewerkingsboere
in die omgewing wat mekaar ondersteun en saam navorsing doen. Ruhan sê hulle is baie evrede met die vierry Jumil-vakuumplanter. Die kalibrering is ’n maklike proses en hulle het dit saam met hulle kunsmisverteenwoordiger gedoen.

Nadat hy eers behoorlik ingestel en gekalibreer is, het hulle lekker geplant, ook in klipharde grond, waar die saad steeds netjies en akkuraat geplaas is. “Ons het ook nog geen gesukkel gehad met diens of onderdele nie. SAME Trekkerdienste van Reitz staan ons met alles by.”

“Absoluut ongelooflik akkuraat”

Naby Viljoenskroon, op die uitgebreide boerdery van die Rhys Evans-groep, is die gewasbestuurder, Arno Cronjé, net so beïndruk met die Jumil se akkurate saadplasing. Hy sê dit is “absoluut ongelooflik akkuraat”. Hulle het die grootboet in die reeks, die Jumil 7090 Guerra 12-ry geenbewerkingplanter.

Die Jumil het ook vir hulle die deur na geenbewerking oopgemaak en hulle kon behoorlike vergelykende proewe doen met kontrolestroke. Arno sê dit was beslis ’n sinvolle ekonomiese besluit. Oral waar die Jumil ingespan is, was die oes dieselfde of beter teenoor die konvensionele aanplantings en die sonneblom, mielies en soja het ’n gemiddelde opbrengsverhoging van 300 kg per hektaar getoon. Arno het bereken dat hulle altesaam 800 ton meer sou stroop as hulle alles met die Jumil aangeplant het.

Daarby kom ook die reuse besparing in tyd en diesel. Dit is dus geen wonder dat hulle nog twee Jumil Guerra-planters bestel het vir die komende seisoen nie. Arno sê hulle het geen tandbewerking gedoen nie en hulle gaan vanjaar weer net die snykouter gebruik in die plantproses.

Hulle bestel ook die planters sonder korrelkunsmisbakke, maar met bakke vir vloeibare kunsmis, wat dan hidroulies uitgemeet word vir wisselende toediening as deel van hulle
presisiestelsel.

“Die plantwerk was uitstekend en daar het niks met die planter fout gegaan nie,” sê Arno.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0