Categories: PlantersPublished On: 18th July 2014

Terradisc Multiline: Plant gouer, goedkoper en beter

By 2 min read
404 words

Duur diesel word verbrand elke keer as die boer met sy trekker in sy land beweeg. Boonop trap elke beweging die grond vas, wat vogindringing en wortelverspreiding kortwiek en nog meer bewerkings noodsaak. 

Boere in Suid-Afrika sal sekerlik ook die nuwe Pöttinger-kombinasie, wat pas in Duitsland bekend gestel is, verwelkom – die Terradisc Multiline wat met dieselfde lopie netjies bewerk en presies plant. 

Die Terradisc Multiline is ‘n kompakte skotteleg met ‘n koringplanter. Hierdie kombinasie bied die boer die hoëwerkverrigtingtegnologie om akkuraat in reste te plant en opwindende veelsydigheid te geniet, want die skotteleg en die planter kan ook afsonderlik ingespan word as die omstandighede dit vereis. 

Die Terradisc Multiline is ‘n sleepmodelskotteleg (Kategorie II-laeskakel), beskikbaar in wydtes van drie of vier meter. Die basiese eenheid is ‘n Terradisc-skotteleg met ‘n 585-rubbervastraproller. 

Op sy eie is die Multiline se skotteleg ‘n bruikbare en nuttige werktuig vir doeltreffende saadbedvoorbereiding. Gekombineer met die planter is dit ‘n perfekte alternatief vir konvensionele stoppelplanters. 

Die vastraproller dra die gewig van die werktuig, sodat daar nie ‘n oormatige las op die trekker hoef te wees, waarvoor neusgewigte nodig sou wees nie. Die gewigsverspreiding oor die roller sorg ook dat die grond nie so vasgetrap word as wat die geval sou wees as trekkerwiele die gewig moes dra nie. 

Die werktuig word ook met die roller opgelig tot ‘n grondvryhoogte van 280 mm, wat genoeg is sodat niks met die draaislag op die wenakker vashaak nie. Wat die omdraai nog makliker maak, is dat die roller uit twee seksies bestaan, wat die smeeraksie van ‘n enkelroller tydens omdraai uitskakel. 

Die roller se ringe is 12,5 cm uitmekaar, wat die perfekte fermheid aan die saadvoortjie verleen wanneer die 24 rye geplant word. 

Die Terradisc Multiline verseker uitstekende grondbewaringstegnologie en volhoubaarheid wat voortgesette goeie oeste meebring. 

Wanneer die hele kombinasie met ‘n Pöttinger Vitasem A-, Vitasem ADD- of Aerosem-koringplanter en al gebruik word, is planter bo die skoffeleg se vastraproller gemonteer. Dit bring meer dat die plantereenheid maklik en gou gemonteer of verwyder kan word wanneer die skoffeleg alleen gebruik wil word en dat die bewerkingsdiepte en plantdiepte altyd presies dieselfde bly. 

Die Terradisc Multiline-konsep is so ontwerp dat die konfigurasie altyd later verander kan word na gelang van die boer se behoeftes. 

Dit is verseker ‘n ontwikkeling wat ook in Suid-Afrika ‘n tuiste sal kan vind. Besoek gerus www.valtrac.co.za om te sien watter Pöttinger-toerusting in Suid-Afrika beskikbaar is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0