Bepaal jou planttyd met LEMKEN
Of die reën al geval het of nie… as die voorjaar sy lentebors op Oom Paul se verjaarsdag op 10 Oktober uitsteek, word die planters in Langfontein-boerdery naby Wakkerstroom se grond ingesteek. Dit is wanneer BP Greyling begin plant.
“Ek is nou 27 jaar lank op die plaas en ons is nog nooit verby 20 Oktober sonder dat daar reën geval het in die streek nie. So, al frons mense oor my droëgrondplantery, ek glo dié praktyk help my om met ’n voorsprong te begin,” sê BP.
Die twee Karats laat lag-lag ’n perfekte saadbed in droë, vasgetrapte stoppellande.
Hy verduidelik dat die winters op die platorand lank en koud is en die somers kort, mistig en vogtig met min van die hitte-eenhede wat somergewasse nodig het. ’n Vroeë begin is dus net ’n beter begin.
Om droë grond voor te berei vir plantwerk, het jy egter die regte toerusting nodig. BP het by ’n boeredag die Duitse vervaardiger, LEMKEN, se masjiene in aksie gesien en besef dat dit sy oplossing is. Dit was vir hom ’n moeilike keuse tussen die Rubin met sy skottels en die Karat met sy tande. Karel Munnik, LEMKEN se man in Suid-Afrika, het die regte masjien aanbeveel en bestel. Die heel eerste Karat 9-beitelploeg/saadbedvoorbereider wat tand aan wal gesit het in Suid-Afrika, is sommer van die skip af na BP se plaas toe.
Droë grond is nie enigste uitdaging waarvoor die Karat homself moes gereed maak nie. BP se saai- en uitgebreide bees- en skaapboerdery vul mekaar aan.
Soos BP dit stel: “Diere en plante benodig bepaalde voedingstowwe op ’n bepaalde tyd.” Sy stoppellande word dus deeglik benut op ’n tyd van die jaar wanneer ander voeding skaars is. Saam met die stoppels kry die vee egter nog ’n lekkerbek verrassing, want BP het ook begin om teen Januarie of Februarie raaigras vanuit ’n vliegtuig in die mielielande te saai.
“Met die raaigras tussen die stoppels, kon ek my aantal skape op die lande verdubbel,” sê hy. Die gevolg is egter dat die grond kliphard vasgetrap is voor planttyd. Daarby is ’n groot deel van die plaas kleigrond, wat skrikwekkend harde kluite maak.
En dan, net om seker te maak dat die Karat se vermoëns ten deeglikste getoets word, word daar ook van hom verwag om die saadbed voor te berei op die hektare waar daar kuilvoer gesny is. Die vastrappery wat volg op masjiene in die nat grond, is iets om te beleef.
Die spasiëring van die tande sorg dat die werking van die breë beitelvlerke onder die grond oorvleuel. Daar is ook smaller tande beskikbaar en hulle kan woerts-warts sonder gereedskap geruil word.
BP het na die eerste seisoen nog ’n Karat bestel om nog meer woema in die werk te sit! Een van die groot pluspunte van die Karat wat BP veral beïndruk, is die spasiëring van die tande. Bokant die grond is die tande, wat verspringend oor drie rye gespasieer is, wyd genoeg sodat materiaal glad kan deurgly, maar onder die grond ontsnap nie ’n stukkie aarde die losmaakproses nie. BP gebruik breë beiteltande sodat die vlerke se werking oorvleuel.
Hy sê hy werk teen hoë spoed op ’n diepte van 250 mm en selfs in die hardste grond word die kluite fyn gebreek en die rollers sorg vir ’n goeie, ferm saadbed waarin jy met vertroue kan plant. Die vakmanskap van LEMKEN-masjinerie is ook legendaries, want selfs met al die harde werk, kan een stel skare tot 800 hektaar oorleef. Die voordeel van die fyn, maar ferm saadbed is dat die planter nie die saad in los grond plaas nie, wat bydra tot ’’n eweredige, vol plantestand, met meer mielies en meer geld in die sak.
“Op die ou end gaan dit oor jou oes,” sê BP, “of dit vleis of graan is; en wat jy insit is wat jy uitkry.” BP is tans besig om te kyk na nog ’n LEMKEN-oplossing vir die plaas, naamlik die nuwe Rubin 12 wat met sy groot skottels van 736 mm tot 250mm diep kan werk. Die Rubin sal veral in die raaigraslande kan sorg dat die reste fyn gesny en die organiese materiaal egalig ingewerk word.
Tans kry sowat 70% van die lande net een bewerking reg voor die planter, maar met die Rubin by verwag BP dat tot 95% van die lande net een bewerking nodig sal hê.
Kry die oplossing vir jou boerdery by Karel Munnik by 082-412-2577 of Blackie Swart by 082-404-9651 of stuur ’n e-pos na sales@lemken.co.za. Besoek ook www.lemken.com en kyk na die toerusting in aksie by http://bit.ly/LEMKEN_sa.