Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 15th July 2025

Case IH wys krag en presisie by Val Boeredag

By 4 min read
757 words

IMG_4589

Die indrukwekkende reeks toerusting wat Case IH Suid-Afrika by die onlangse Val Boeredag uitgestal het, het weer hulle plek as ’n betroubare vennoot in die landbou bevestig.

Onder leiding van André Olwagen, taktiesebemarking- en produkportefeuljebestuurder, is daar ook goeie nuus gedeel oor die nasionale promosie wat tans op alle Case IH-werktuie beskikbaar is.

Die toerusting wat uitgestal is, sluit in die 3250-hoogloopspuit, die 2140-planter, die 715 Quadtrac, nuwe langwiel basis Puma-reeks saam die nuwe 2500 Ecolotill inlyn skeurploeg. Die 8260 saam met NMI se welbekende Geringhoff stropertafel het ook tegnologie en krag gewys vir die boere.

Doeltreffende spuitwerk met gevorderde tegnologie

Die Case IH 3250-hoogloopspuit is deel van die bekende Patriot-reeks. Dit het ’n tenkvolume van 3 000 tot 3 800 liter en ’n kragtige enjin van tot 285 HP. Hierdie spuit is ontwerp vir maklike toegang tot hoë gewasse, met ’n indrukwekkende grondvryhoogte en akkuraatheid teen hoë werksnelhede.

Met tegnologie soos AIM Command FLEX II kan boere afsonderlike beheer uitoefen oor elke spuitpunt, terwyl die VSN-visuele geleidingstelsel help om reguit en akkuraat op rylyne te bly. Die 50-reeks Patroit spuite is beskikbaar in 30 meter tot en met ‘n indrukwekkende 41 meter balkopsies en is sterk en lig, en verseker ՚n egalige en steekhoudende toediening. Die Pro 1200-monitor en FieldOps-toepassing bied digitale bestuur, sodat boere die spuit met presisie kan aanwend.

Plant met presisie vir beter opbrengste

Die Case IH 2140-planter het homself reeds bewys as een van die doeltreffendste planters op die mark. Hierdie model is ISOBUS-gesertifiseer en skakel maklik in by jou trekker en ander GPS-toerusting om akkuraatheid te verseker. Die planter stel jou in staat om presies die regte plantdigtheid, druk en diepte vir elke ry aan te pas, selfs op ongelyke grond. Dit help boere om saadverbruik te optimaliseer, koste te bespaar en opbrengs te verhoog. Die 2140 kan aangepas word vir ’n verskeidenheid gewasse en is gebou om rowwe werksomstandighede met gemak te hanteer. Die 2140-reeks se opvoubare ontwerp maak vervoer van die planter baie gemaklik.

Ongelooflike krag en balans met die 715 Quadtrac

Die Case IH 715 Quadtrac was een van die groot sterre by Val Boeredag.  Hierdie trekker is die grootste en kragtigste in die Case IH-stal met 533 kW (715 perdekrag) en ՚n piekkrag van tot 580 kW. Met sy vierspoorontwerp verminder hy grondverdigting, wat die grondstruktuur en opbreng verbeter.

Die enjin voldoen aan streng uitlaatgasstandaarde en die trekker bied ‘n powershift transmissie. Die MultiControl-beheer-stok, Pro 1200-kleurskerms en presisie-geleiding maak die trekker maklik om te bestuur en akkuraat om op lyn te hou. Hierdie trekker is geskik vir grootskaalwerk soos diep ploeg, swaar grondvoorbereiding en groot plantoperasies.

Die Case IH 2140-planter het homself reeds bewys as een van die doeltreffendste planters op die mark. Hierdie model is ISOBUS-gesertifiseer en skakel maklik by jou trekker en ander GPS-toerusting in om akkuraatheid te verseker.

Nasionale werktuigpromosie

Tydens die Val Boeredag het André Olwagen aangekondig dat Case IH tans ’n nasionale promosie op alle werktuie aanbied. Dit bied boere die geleentheid om teen ’n meer bekostigbare prys toegang te kry tot planters, spuite en ander werktuie van wêreldklasgehalte. Hierdie promosie maak dit moontlik vir boere om vinniger op te gradeer na meer moderne toerusting en so hulle doeltreffendheid en opbrengste te verbeter.

Tydens die Val Boeredag het André Olwagen aangekondig dat Case IH tans ’n nasionale promosie op alle werktuie aanbied. Dit bied boere die geleentheid om teen ’n meer bekostigbare prys toegang te kry tot planters, spuite en ander werktuie van wêreldklasgehalte.

Betroubare ondersteuning

Case IH se nasionale netwerk van handelaars, tegnici en onderdele voorsien boere van vinnige en professionele diens. Dit beteken minder staantdyd en meer produktiewe ure op die plaas. Hulle bied ook opleiding vir operateurs, en tegniese ondersteuning wat waarde toevoeg tot elke aankoop.

Slim beleggings

Die huidige promosie maak dit moontlik om nuwe toerusting teen laer pryse aan te skaf.

Case IH se FIEDLOPS toep (app) is die toekoms van kostebestuur. Vanaf jou vingerpunte kan jy in regte tyd jou masjien monitor en die dag se gebeurtenisse vasvang vir toekomstige besluite waar elke uur en rand jou winslyn positief gaan beinvloed. Die teenwoordigheid van Case IH by Val Boeredag het weer eens bevestig hoekom hulle as een van die wêreld se voorste landboutoerustingvervaardigers beskou word. Met ՚n kombinasie van gevorderde tegnologie, betroubare masjiene en toegewyde naverkopediens help Case IH Suid-Afrikaanse boere om meer doeltreffend, volhoubaar en winsgewend te boer.

As jy ook die voordele van Case IH se toerusting en nasionale diensnetwerk wil beleef, besoek hulle webblad by www.caseih.com of kontak jou naaste Case IH-tak of handelaar vir meer inligting oor die huidige promosies, demonstrasies en pryse.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0