Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 25th August 2026

Sernick Bonsmara bring gehalte diere na 48ste produksieveiling

By 3 min read
564 words

WOTV2.37bd2c90-b818-4801-97cf-5f04336ee6fc

Die tyd raak min, so dagboek nou reeds 4 September om nie Sernick Bonsmara se 48ste produksieveiling mis te loop nie. Die Sernick Bonsmara-veiling is elke jaar ’n hoogtepunt vir Bonsmara-telers, en hierdie jaar beloof om geensins anders te wees nie.

Vir Sernick Bonsmara gaan hierdie veiling oor meer as net die beeste, dit is ’n bewys van die generasies wat voor hulle gebou het en van bloedlyne wat ’n storie vertel. Dit is die genetika wat oor die jare heen bewys is en ’n stamboom vol nalatenskap. Dit is die hande, harte en visie wat hierdie stoet moontlik gemaak het, sowel as die bewaring en verbetering van genetika wat hulle aan die volgende generasie oordra.

Met 410 Bonsmaras wat op die dag aangebied word, gaan jy beslis die dier kry wat by jou stoet sal pas. Die volgende diere sal beskikbaar wees:

  • 50 Stoetbulle (Fase C-getoets)
  • 20 3-in-1-stoetkoeie
  • 20 Stoetkoeie met kalwers
  • 40 Dragtige stoetkoeie
  • 30 Dragtige stoetverse
  • 250 Kommersiële vroulike diere

Hou jou oë oop

Met die hoëgehaltediere wat op die veiling beskikbaar is, is jy verseker dat jy met ’n uitnemende dier huis toe sal gaan. Daar is egter so een of twee lotte waarop jy jou oog kan hou:

  • Lot 20 (NFS 23-195): ’n Goed gebalanseerde bul met indrukwekkende syfers. Hy het ’n speenindeks van 112 behaal en word aanbeveel as ’n spesifikasiebul wat ’n groot impak op ’n teelprogram sal maak.
  • Lot 3 (NFS 22-460): ’n Stoetbul wat reeds in die kudde gebruik is, en sy eerste kalwers toon baie belofte. Hy is manlik met ’n goeie vel- en haarkwaliteit, ’n sterk toplyn en hy beweeg baie gemaklik. Die bul is fenotipies baie korrek en sal ’n aanwins vir enige kudde wees. Hy word deur Sernick Bonsmara aanbeveel vir gebruik op verse, en Sernick behou twee semen-aandele.
  • Lot 9 (NFS 22-510): Die seun van die beproefde NFS 19-294, met goeie manlikheid, donker pigment en goeie hoewe. Die bul beskik oor goeie lengte, breedte en uitstekende balans. Hy is geteel uit besonderse, vrugbare moederlyne met goeie reproduksiesyfers en teelwaardes (EBV’s). Die bul se uitstekende geboortegemak maak hom die ideale keuse vir gebruik op verse.
  • Lot 2 (NFS 22-380): ’n Uitstekende mediumraambul met besonderse vleiseienskappe, groei en vrugbaarheid in een volledige pakket. Die bul beskik oor besonderse manlikheid, sterk bene, deurgaanse breedte en diepte, is goed gebalanseerd en beweeg met gemak. Hy is geteel uit vrugbare moederlyne, terwyl sy teelwaardes sy genetiese potensiaal weerspieël.
  • Lot 11 (NFS 23-032): ’n Mediumraambul met baie hoë kapasiteit, goeie ribsprong en breedte. Die bul is goed gebalanseerd en beweeg met gemak. Hy het besonderse vel- en haarkwaliteit en is ’n direkte seun van NFS 19-321 (wat vir ’n indrukwekkende R1,5 miljoen verkoop is), en hy gaan aan vaderskant terug na CEF 13-317. Die bul is geteel uit besonderse, vrugbare moederlyne met klem op reproduksie en is reeds in die kudde gebruik.

Die 40 dragtige Bonsmara-stoetkoeie wat op die veiling beskikbaar is, is ’n indrukwekkende groep. Hulle is funksioneel doeltreffend en geselekteer vir reproduksie. Hierdie koeie verteenwoordig jare se doelgerigte seleksie en genetiese vooruitgang, en is beslis ’n belegging vir enige kudde se toekoms.

Dié opwindende veiling vind plaas op Vrydag 4 September 2026 om 11:00 by Sernick, Liebenbergstroom (Edenville/Edenvale).

Sien die volle katalogus hier:

https://auctions.meerkatonline.co.za/auctions/1673

Vir meer inligting, kontak:

  • James Allen: 082-370-7553
  • Dawid Smit: 072-286-2919
  • Patrick Sekwatlakwatla: 060-965-5004
  • Elrize Alberts: 083-494-7354
  • Johan van der Nest: 082-574-4220

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0