VIDEO: Ontmoet die reuse CASE IH Steiger 715 Quadtrac

Case IH Steiger 715 Quadtrac tractor_TN2
Bloemfontein het behoorlik gegons van opwinding toe CASE IH Suid-Afrika die magtigste trekker wat hulle nóg in die plaaslike mark bekendgestel het, amptelik onthul het: die Steiger 715 Quadtrac.
Die Steiger 715 Quadtrac is nou die vlagskip van die bekende Steiger-reeks en spog met ’n verstommende krag van 533 kW met ’n piekvermoë van 580 kW, of dan tussen 715 en778 perdekrag. In sy hart klop die 16-liter FPT Cursor 16-enjin wat tot 3 356 Nm wringkrag teen net 1 400 opm lewer, en dit met indrukwekkende brandstofdoeltreffendheid en betroubaarheid.
Lees die volle artikel hier.
Kyk die video hier: