Balfour Hooidag 2026: Hier het jy nooit te veel hooi op jou vurk nie!

Foto: AFGRI ’n Lugfoto van vanjaar se Balfour Hooidag.
Die jaar se Balfour Hooidag, wat deur die Balfour-boerevereniging aangebied word met AFGRI as hoofborg was weereens ’n reuse-sukses, met boere wat regoor Suid-Afrika die dag bygewoon het om meer uit te vind oor die nuutste toerusting en tegnologie met betrekking tot hooimaak. Baie van hulle keer jaar na jaar terug om op hoogte te bly van die jongste ontwikkelinge in hooimaaktoerusting.
Byna 1 500 besoekers het die besondere dag op ’n nuwe en groter terrein op die R23, slegs 5 km buite Balfour op die pad na Heidelberg plaasgevind. Tot groot vreugde van die organiseerders het selfs meer mense hierdie jaar se geleentheid bygewoon. Op die hooidag stel verskeie handelsmerke hul toerusting uit en boere kan kies en keur. Die geleentheid gaan egter nie net oor die toerusting nie, maar is ’n kans vir boere van regoor die land om bymekaar te kom en hul kennis te deel en bymekaar te leer.
![]() Boere kyk saam na die gehalte van gras nadat dit gesny is. |
![]() Boere het ook hul kennis met mekaar gedeel. |
![]() Boere bestudeer en gesels oor die gras se gehalte nadat dit gesny is. |
Boere kan die hooitoerusing met mekaar vergelyk en gesels ook met verteenwoordigers van die onderskeie handelsmerke om meer kennis op te doen. Dit help hulle om te bepaal watter toerusting hulle kan gebruik om suksesvol hooi te maak om aan hul boerdery se behoeftes te voldoen.
Verskeie landboumaatskappye het inligting oor hul produkte met boere gedeel, soos onder meer graanopbergingsdienste, dierevoer, waterberging en dieregesondheid.
Van die uitstallers wat hul produkte ten toon gestel het sluit in onder meer John Deere, New Holland, Case IH, CLAAS, Landini, Valtrac saam met Mahindra, Jupidex, Orbach Agri, Rovic en Massey Ferguson.
‘n Paar hoogtepunte van die dag was soos volg:
John Deere
John Deere se trekkers het nie net aandag getrek met hul toerusting nie, maar het gewys hoe doeltreffend hulle in die veld gebruik kan word en het ander handelsmerke se hooitoerusting gesleep.
![]() John Deere 6195 M trekker troon uit bo die jong besoekertjie. |
![]() Opgewonde Volkie-leerders by John Deere se baler. |
Rovic
Rovic het ook ‘n groot verskeidenheid hooitoerusting gedemonstreer en het gespog met hul V-hark, wat vinnige, netjies en konstante windrye verseker. Met eenvoudige verstellings en hoëkapasiteit-prestasie kon boere sien hoe die V-hark moeiteloos hooi van die hoogste gehalte lewer.

John Deere trekker 6195M sleep Rovic se V-hark.
New Holland
New Holland het weereens gewys waarom hul toerusting as staatmakers beskou word. Die Roll-Belt 150-baler wat deur hul nuwe metaangastrekker gesleep is, het vir die eerste keer sy opwagting by ’n hooidag in Suid-Afrika gemaak, en het besoekers beïndruk met sy doeltreffendheid en betroubaarheid. Net so indrukwekkend was New Holland se speedrower 200 Plus, wat ook weer sy naam as landbou-werkesel gestand gedoen het.
![]() New Hollland se metaangastrekker. |
![]() New Holland se Speedrower 200 Plus. |
![]() Derrick Coetzee van New Holland by die speedrower 200 Plus gedurende vanjaar se Balfour Hooidag. |
CLAAS
CLAAS het weer ’n groot indruk op die boere gemaak met sy Jaguar 960 en Xerion 12 650.
Hierdie trekkers is bekend vir hul vermoe om hoë volume gewasse, met uitnemende doeltreffendheid en lae brandstofverbruik te bestuur.
![]() Foto:CLAAS SA. CLAAS se Jaguar 960 en Xerion 12 650. |
![]() Claas se Arion 400-trekker sleep ’n wielhark. |
Massey Ferguson
Massey Ferguson se MF 5M.125 is ‘n veeldoelige trekker wat ‘n nuwe voorkoms gekry het. Die trekkers lewer 125 perdekrag (93 kW) en beskik oor ‘n Fase V-enjin, verbeterde hidroulika en opsionele presisieboerderytegnologie vir doeltreffendheid.

Die Massey Ferguson MF 5M.125 sleep ’n wielhark.
Die Massey Ferguson MF 5M.145 vorm deel van die nuwe veeldoelige trekkers wat meer gemak en slimtegnologie bied. Die trekker lewer 145 perdekrag (107 kW) en beskik oor n Gepas met ‘n AGCO Power 4,4L viersilinder-dieselenjin en ‘n brandstoftenk van 198 liter.

Massey Ferguson MF 5M.145 sleep ‘n snyer met gemak.
Die MF TW 160 is ‘n sleepbare model wat die bale self oplaai, toedraai en aflaai – dit bied die veelsydigheid en doeltreffendheid wat boere wil hê.

MF TW 160, is n sleepbare baal wrapper.
Die Balfour Hooidag het alle verwagtinge oortref en boere kon na hul plase terugkeer met meer kennis oor die uiteenlopende soorte toerusting wat hulle op hul plase kan inspan vir hooimaak-sukses.










Pragtig gedoen welgedaa
Brilliant