Die regte trekker vir die regte werk: kies ՚n Mahindra

Mahindra Trekker Op Plaas
Mahindra-trekkers is geskik vir plase regoor Suid-Afrika.
Die regte trekker moet by die regte plaas en die regte werk pas. As jou plaas honderde hektaar groot is, het jy ՚n trekker nodig wat die grootte en werkslading kan hanteer. Terselfdertyd moet die trekker geskik wees vir die spesifieke take wat op die plaas verrig moet word.
Die grootte van die trekker is egter nie altyd die deurslaggewende faktor nie. Die geskikste trekker vir jou plaas is eerder die een wat met die regte implemente toegerus kan word om elke uitdaging wat jy teëkom, die hoof te bied.
Dit is waar Mahindra se reeks trekkers tot sy reg kom: met oplossings wat nie net by jou plaas se behoeftes pas nie, maar ook toegang bied tot die implemente wat jy nodig het.
Wanneer jy in Suid-Afrika in uiterste hitte en stowwerige toestande boer, het jy boonop ՚n trekker nodig wat ontwerp is om dié omstandighede te kan trotseer.

Hitte en stowwerigheid is deel van die uitdagings wat trekkers in Suid-Afrika moet trotseer.
Wat onderskei Mahindra-trekkers?
Mahindra se trekkerreeks, van die 2000- tot die 7000-reeks, fokus op die vermoëns en veelsydigheid wat boere nodig het.
Mahindra-trekkers lewer sterk wringkrag teen lae omwentelings, wat van die wegspring af goeie trekkrag en laer brandstofverbruik moontlik maak. Daarby stel die sterk driepunt-hysvermoë Mahindra-trekkers in staat om swaar implemente in verhouding tot hul grootte te hanteer.
Mahindra-trekkers kom ook met ՚n waarborg van vyf jaar of 3 000 uur. Wanneer ՚n trekker gediens word, stel Mahindra ՚n vervangingstrekker beskikbaar sodat die boer sonder onnodige onderbreking op die landerye kan aanhou werk.

Mahindra bied implemente vir elke fase, van grondvoorbereiding tot die finale oes.
Toerusting en implemente wat jou trekker se vermoëns uitbrei
Wanneer dit by die implemente op jou plaas kom, is ՚n wye keuse van deurslaggewende belang. ՚n Trekker wat met slegs ՚n handvol implemente versoenbaar is, sal nie lank ՚n veelsydige rol op die plaas kan vervul nie.
Gelukkig bied Mahindra talle implemente vir verskillende take. Die trekkers se direkte hidrouliese vloei en kragaftakkerspoed teen lae omwentelings is boonop goed geskik vir Suid-Afrikaanse boere.
Van grondvoorbereiding voordat saad geplant word en die versorging van gewasse tot die laaste, tydkritieke oeswerk: Mahindra se reeks trekkers en implemente is gereed om elke fase van die boerderyproses te ondersteun.
Skystropers, skottelegë, kultiveerders en ander toerusting is by Mahindra beskikbaar en kan saam met jou trekker aangeskaf word.
Wanneer jy ՚n Mahindra-trekker aanskaf, kry jy meer as net nog ՚n werktuig. Jy kry ՚n oplossing vir jou boerdery-uitdagings. Kies die regte trekker vir die regte werk.
Kies Mahindra.
Besoek Mahindra se webwerf vir bykomende inligting oor Mahindra se trekkers en toerusting: www.mahindrafarmequipment.co.za