VIDEO: Dormerram verkoop vir R400 000 op Hatari Farming se produksieveiling

Hatari Ramstal Veiling Bloemfontein_TNreg
Hatari se Platinum Dormerveiling van 2025, wat op 20 September by Plaas-Content in Bainsvlei, Bloemfontein, plaasgevind het, het bewys waarom Hatari Farming steeds ’n vooraanstaande naam in die Dormer-mark is. Gasverkopers op die dag was ook 2 Broers Dormers, Gras Karoo Dormers en Buffelsfontein Dormers.
Gehalte Dormers is van onskatbare waarde en het uitsonderlike pryse behaal. Die onbetwiste ster van die dag was Lot 3, T 23 376 “Grizzly”, ’n stoetram van 2 Broers Domers.
Hierdie ram het vir R400 000 aan Nova Barletta Dormers van Clocolan verkoop – ’n uitsonderlike prys vir ’n Dormer en ’n bewys van die hoë standaard wat die groep se diere kenmerk.
Kyk die video om die topgenetika te besigtig: