Categories: Meganisasie Videos, Video'sPublished On: 3rd September 2026

VIDEO: ’n Kelly wat werk op die plaas

By 1 min read
128 words

pieter duminy

Kelly se unieke, diamantvormige grondbewerkers werk met verskillende kettings om ligte bewerkingsmetodes op jou plaas te hanteer.

Op Pieter Duminie se plaas net buite Viljoenskroon in die Vrystaat, dryf hulle ’n gemengde boerdery met mielies en sojabone, terwyl sy beeste ná oestyd op die lande wei. Hier is die boerdery vir Pieter soms onvoorspelbaar en elke jaar bring nuwe uitdagings.

“Jy moet so aanpasbaar as moontlik wees, want grondvog verskil van een seisoen tot die volgende,” vertel hy. Hierdie onvoorspelbaarheid het daartoe gelei dat hulle ’n behoefte gehad het aan ’n implement wat iets van alles kan doen: “Die Kelly doen nie noodwendig alles elke jaar nie, maar hy is van onskatbare waarde vir dit waarvoor ons hom op die oomblik gebruik.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0